• Skip to primary navigation
  • Skip to main content
  • Skip to primary sidebar

Top Pigeon

Racing pigeon auctions in SA and abroad

  • Home
  • Auctions
    • Active Auctions
    • Upcoming Auctions
    • Past Auctions
    • Auction Rules
  • Your Latest Bid and Watch List
  • Top News
  • Search
  • Login
  • Register
  • Contact

Waaroor jy moet beskik, en wat jy behoort te doen om ‘n kampioen te wees. Hannes Grove.

Oswolly · Apr 6, 2020 ·

Met erkenning aan: HANNES GROVE.

 

 

 

 

Praatjie voorberei vir Kosmos duiweklub Unie Royal Challenge veiling 2018

http://www.grovelofts.co.za

Inleiding

Dankie vir die geleentheid
Die wat ons ken sal weet dat ons nie te koop loop met ons prestasies nie – ‘n Ou is net so goed soos jou laaste wedvlug/seisoen

Ek deel graag my ondervinding met julle oor wat ou moet doen om kampioen te word.

In my opinie is dit ‘n legkaart met verskillende stukke wat deel uitmaak van die groter sukses prentjie. As daar ‘n stukkie kort gaan die sukses ontbreek.

Ons het in 2009 in Gauteng begin duiwe vlieg. Die eerste twee jaar het ons skaars die sheet gemaak. Die eerste vraag wat gewoonlik opduik as ou swak vlieg is mos:

Watse muti gebruik die kampioene??? Hy gebruik iets onwettig. Ek sal nooit teen hom kan kompeteer nie.

Gelukkig het mede klublede ons gehelp met beter duiwe en Peet Hartman het ‘n groot bydra gelewer om ons “mindset” te verander. Sy motto is “Keep it simple.” Moeilik om te glo op sigwaarde maar die waarheid. Duiweboere is geneig om die sport onnodig te kompliseer.

Hierna het dit beter begin gaan.

Prestasie agtergrond – afgelope 7 jaar

• 4x Unie jongduif kampioen (2011-2014) – rekord staan steeds
• Unie kampioen (2014)
• Tweede unie punte (2013)
• 2x Unie all bird punte kampioen (2013/2014)
• 14 Unie wenne – 60+ klub wenne

VRAAG: Waaroor jy moet beskik, en wat jy behoort te doen om ‘n kampioen te wees…?

Ek dink ons almal is al moeg vir die cliches soos die volgende:
“Good pigeons”
“Regte hok en ventilasie”
“Regte voeding”
“Gesonde duiwe”
ens. ens.

Hierdie onderwerpe is al baie behandel en genoeg literatuur is beskikbaar wat elkeen in detail bespreek. Ek gaan julle dus nie hiermee verveel nie.

Kom ons praat eerder oor dinge wat jy moet reg doen en dinge wat jy nie moet doen as jy kampioen wil wees.

365 dae ‘n jaar

Jy kan nie 6 weke voor die eerste wedvlug skielike regop spring en paniekbevange na die bottel Furasol en Emtryl gryp nie.

Duiwe verlang aandag en versorging die hele jaar deur. Elke kampioen wat ek al besoek het sorg vir hulle duiwe 365 dae ‘n jaar. Die wedvlugte word in die nespanne gewen. Swak kuikens sal nie kers vashou by die top duiweboer se duiwe nie.

Score in al die wedvlugte

Om punte kampioen te word moet jy punte maak in elke vlug wat gevlieg word. Die top manne score in elke wedvlug. Dit is nie nodig om elke week te wen nie maar die scoreboard moet bly rol. Daar is nie genade vir jou as jy ‘n wedvlug mis nie. Die punte wat so verlore gaan word baie moeilik weer opgemaak.

Bankers

Die maklikste manier om nie die sheet te mis nie is om bankers te he. Hierdie is duiwe wat jy laai met vertroue dat hulle gaan score. Bankers is nie noodwending altyd eerste terug by die hok nie maar hulle is ook nie ver agter die eerstes nie. Dit is daardie duiwe wat altyd plekke vlieg en punte maak. Die “Toyota’s” van die duiwesport.

Dit is egter baie maklik om te se jy moet bankers he maar waar en hoe kry ou hulle? Seleksie. Punt. Selekteer in jou broeihok rondom die duiwe wat kuikens teel wat konstant presteer. Die uitskieter unie wenner is vir ons minder werd as die duif wat weekliks sy kant bring maar nog nie ‘n race kon wen nie. Dit is hulle wat die punte trofee huistoe bring.

Gewig!

In my opinie is swaar duiwe die meeste duiweboere se probleem op die kortpad. Al daardie binnevet van lekker vreet in die verveer. Dan voer pa nog alte lekker in die wedvlugseisoen ook. Jy kan maar die uitslae dophou – die swaar voerders met swaar duiwe vlieg gewoonlik goeie plekke as dit ‘n verskriklike moeilike vlug is. Gewone mooiweer vlugte sukkel hulle om voor te klok.

Waak daarteen om jou duiwe te swaar te laat word in die verveer. Probeer hul gewig afkry deur oefening en jou kosmengsels aan te pas. Ons sit tot 50% sonneblom by op die kortpad om die gewig te probeer reg hou. Jou metode van voeding speel ook ‘n groot rol. Op die kortpad voer ons tot die 4de duif gaan water drink – dan het hul genoeg gehad. Dit is ook belangrik dat jou voeding en oefening in balans is. As jy baie padwerk gee sal jy swaarder moet voer om in die energie behoefte te voorsien.

Pasop om nie uitgehongerde duiwe te vlieg nie – jou seisoen kan baie vinnig tot ‘n einde kom as daar ‘n paar tawwe vlugte is. Daar is ‘n lang seisoen voor en mens moenie die duiwe uitbrand deur ondervoeding nie.

Hou jou ore op die grond.

Luister wat die top manne gesels. Deur te luister kan jy waardevolle inligting bymekaar maak.

Voorbeeld 1: Watter siektes is in omloop?

Dit is ongelukkig die realiteit van ons sport dat as een duiweboer ‘n siekte in sy hok opdoen is die kans goed dat dit deur ander hokke gaan versprei. Die kampioen onderskei homself hierin dat hy vroegtydig so ‘n siekte kan identifiseer en stappe kan neem om die impak te minimaliseer of selfs heeltemal te vermy. Luister fyn en lees tussen die lyne. Die kampioen gaan punte maak want hy kon pro-aktief optree deur te luister.

Voorbeeld 2: Watter bloedlyne presteer?

Indien ‘n kampioen wil kampioen bly moet hy aanhou streef na beter duiwe. Duiwe wat sy hok sal verbeter. Waardevolle inligting rondom watter rasse presteer kan gratis bymekaar gemaak word deur bloot te luister na wat die manne gesels om die braaivleis vure.

Moenie jou ore uitleen nie

Die top duiweboere leen nie hulle ore uit nie. Hulle is konsekwent in dit wat hulle doen. Die reseppies wat om die braaivleis vure gedeel word is nie iets wat hulle die volgende dag gaan probeer nie. Menige duiweboer sink hulself weekliks deur te spring van Piet dan Paul en dan Koos se raad. Dit werk nie! ‘n “Flash in the pan” miskien maar nie volhoubare uitslae nie.

Vriende in die sport

Die kampioen duiweboere het almal ‘n netwerk vriende in die sport. Niemand weet alles nie en dit is goed om jou idees te toets met ander duiweboere. Baie keer mis jy die detail en ‘n ander se siening maak dat dinge sin maak. Veral as die duiwe nie presteer soos jy wil he nie, is dit goed om jou duiwe vriende se opinies te vra – hulle tel gewoonlik iets op wat jy heeltemal mis gekyk het.

Observeer

Duiwe vertel jou ‘n storie. Jy kan baie uitwerk deur bloot te let op jou duiwe se optrede en kondisie.

Lyk hulle lewendig of tam? Blink die vere? As hulle vreet – is daar eetlus. Dalk te veel eetlus – honger. Watter sade vreet hulle eerste?

Trek hulle lang nekke en sukkel om te sluk – kanker? – swamme?. Hoe lyk die droppings / mis? Pap – iets nie reg. Grootte van mis bolletjies – te groot dan voer jy te swaar.

As jy ‘n bad uitsit – bad hulle? Gesonde duiwe bad behalwe as die weer vreeslik sleg is.

Kroppe in die oggend. Moet leeg wees – anders probleem! Vere moet sag wees.

As hul terugkeer van vlug – Tippy toes. Dalk nie genoeg water gedrink nie – sit jy dalk iets bitter in die water dat duiwe te min drink en dehidreer. Dalk mineraal/sout tekort wat krampe veroorsaak?

Kop skud as hul terugkom (dalk asemhaling probleem of bloot stowwerige dag? Of dalk het jy kanker pilletjie gegee?).

Moenie oorreageer en onnodig foute soek nie – bly kalm

Dinge gaan nie altyd reg loop nie. Daar gaan iewers ‘n probleem opduik wat jy sal moet aanspreek. Dit help egter nie jy gaan haal die bobbejaan agter die bult nie!

Sommige vlugte gaan jy nie voor klok nie. Dit beteken nie daar is fout met jou duiwe en dat jy onmiddelik muti moet gooi nie. Lees die vlug. Observeer. Besluit dan of daar fout is aldan nie. Blindelingse behandeling na ‘n swak vlug doen gewoonlik meer skade as goed.

Bly kalm. Praat met jou vriende en besluit dan wat jy gaan doen.

Moenie te hard probeer nie – “less is more”

Dit help nie jy ruil die water 3 keer per dag om net al die verskillende muties deur die duiwe se stelsel te probeer kry nie. Keep it simple. Moenie die arme duiwe bombardeer met al die goed bemarkte duiwe middels nie. Die meeste van die tyd het hulle net skoon water nodig.

Ons is geneig om te dink die wen le in die bottel. As jou duiwe se gesondheid nie reg is nie, dan sal medikasie help. Anders gaan dit niks help nie. Jy troos jouself dat jy iets gegee het maar die arme duiwe baat nie noodwendig daarby nie. Jy is besig om hulle immuniteit te verswak en hul organe onder druk te sit.

Antibiotika wat onverskillig toegedien word veroorsaak dat die organismes weerstand daarteen opbou en so raak dit al moeiliker om die organismes te beheer. Sterker en sterker antibiotika moet gebruik word en so skep ons vir onself ‘n groot probleem. Die goeie bakteriee word gewoonlik saam met die slegtes gedood wat beteken die duif se spysvertering stelsel balans word versteur. Boonop moet die organe al die stowwe uitskei wat moontlike skade kan veroorsaak.

Dus moet jy slegs medikeer as daar fout is. Die beste is om veearts opinie te kry as jy vermoed daar skort iets. Blindelingse behandeling kan dalk die teiken mis en meer skade veroorsaak. Soos vroeer gese – hou jou oor op die grond – baie keer is die siekte reeds in omloop en die oplossing is voor-die-hand-liggend.

Beplan

Beplan jou seisoen vooraf. Watse kos gaan jy gebruik? Hoe lyk jou oefenprogram? Hoe groot gaan jou span wees – is dit genoeg om die wa deur die drif te trek? Dit help nie jy vlieg jou duiwe weekliks en dan as die harder vlugte kom val jou vere uit nie. Oordeelkundige vlieg van duiwe help dat jy die hele seisoen kan kompeteer met ‘n kleiner span duiwe.

Sommige duiweboere fokus op die kortpad. Hulle duiwe is dus al op vorm twee weke voor die eerste wedvlug. Hierdie duiwe se vorm gaan nie die hele seisoen hou nie en dit gaan moeilik wees om die punte te wen. Beplan dus rondom wat jou fokus is en wanneer jou duiwe op hul beste moet wees.

Kweek leiers nie volgers nie

Duiwe is groep diere. Hulle verkies om saam met mekaar te vlieg eerder as op hul eie. Die rigting waarheen hulle vlieg word bepaal deur die leier van die pak. As daardie leier van die pak jou duif is, is die kans mos beter dat die pak in jou hok se rigting sal vlieg!

Dus moet jy leiers probeer kweek. Duiwe wat die voortou kan neem. Dit is makliker gese as gedaan. Ek dink genetika speel ‘n groot rol hier – jy kan tog nie verwag dat die vetste seun in die skool die 100 meter moet wen nie. Dus is die regte genetika duif die belangrikste.

Hierna kan jy probeer om leiers te kweek deur:
1. So gou as moontlik nadat padwerk begin het die duiwe mandjie mandjie loslaat. Dus in plaas van een duif wat die pak huistoe neem word daar nou onmiddelik 5 of meer duiwe gedwing om te dink en die pak te lei huistoe.

2. Die duiwe gereeld in groepies van 5 of minder los te laat. Presies dieselfde beginsel geld – duiwe word gedwing om te dink en self die pad huistoe te kry. Ek los nooit duiwe 1-1 nie. Daar is nie vir my voordeel daaraan nie aangesien die duif maar so op sy eie huistoe ploeter sonder om deur ‘n maat of maats te race. Koers kies onder kompetisie/druk is meer werd.

3. Selekteer streng. Kap die stert af want dit hou die kop terug. Het jy al gesien hoe ‘n pak omdraai vir een agter-vlieer? Of hoe een duif jou hele pak terug trek hok toe as hulle moet oefen? Raak onstlae van daardie duiwe – hulle jou terug. Slyp jou atlete as ‘n groep saam. Hulle moet leiers wees nie volgers nie. Hoe meer leiers daar is hoe beter is die kans dat jy ‘n duif in die voorste pak gaan he.

Pasop vir proefkonyn wees

‘n Nuwe “wonder” middel kom op die mark en jy dink “hier’s hy nou!”. Wenne by dosyne. Dadelik word jou duiwe daarop gesit en die verwagting is hoog. Maar helaas die uitslae is nie na verwagting nie… Inteendeel dit gaan maar broekskeur.

So paar jaar gelede het ‘n middel van oorsee op die plaaslike mark gekom. Jy sit dit daagliks in die water. 7 dae per week. Dan kry jy nie siektes nie en jou duiwe is in top vorm. Ek het toe die produk getoets in een van my hokke. Saterdag kom daardie duiwe met niks “landing gear” by die huis aan. “Crash landing” na “crash landing”. Die volgende week hou ek hulle toe dop as hulle water drink – die goed is so bitter dat die duiwe skaars water drink. Hulle dehidreer hulself heeltemal en dit is dan die rede dat die voetjies so styf trek.

Nog ‘n voorbeeld is nuwe entstowwe wat nog nie ordentlik in kampioen hokke getoets is nie – ek is versigtig om die proefkonyn te wees. ‘n Paar jaar gelede was daar groot klomp duiweboere wat ‘n stel met entstowwe afgetrap het en so is daardie seisoen van hulle ruineer. Ek wag maar altyd dat die entstof goeie resensies kry voordat ek dit gebruik.

Moenie vir jouself lieg nie

Ons as duiweboere is geneig om verskonings te soek as die prestasies nie na wense is nie. Ons soek oral na hierdie verskonings behalwe in ons eie agterplaas. Die kampioene is eerlik met hulself.

Ek haal vir Peet Hartman (6x unie kampioen) aan: “Saterdag na Saterdag as ek vir my duiwe wag dan sien ek duiwe oor my hok vlieg maar ek klok niks. Ouens agter my klok maar ek klok niks. Is daar ‘n verskoning dat ek nie klok nie? Is dit my hok posisie? Nee. Ek het nie ‘n duif in daardie voorste pak nie – ek moet iets doen om ‘n duif daar te kry.” En dit het Peet gedoen. Daarna was hy 6x unie kampioen.

Verskonings is volop. Die punt is as iemand in jou area ‘n duif uit die voorste pak kon klok dan moes jy ook kon klok. Punt.

Onthou dat daar baie ander duiweboere is wat dieselfde of selfs meer moeite as jy doen.

Geloof

Laastens. Glo dat jou voorbereiding reg was en dat jy God se seen op jou uitslae kan verwag.

SPREUKE 21:31 “Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE”

NEW COMERS, News

Primary Sidebar

Latest bids

DateAuctionUsernameBidStatus
5th July 2025 18:58.LOT 3 SAIPR BREEDING STATION – ZA 24 SAIPR 028 -SIRE:NLD 17-1826194 M The 194 Sangers. SIRE TO 2ND SAIPR OLR FINAL WINNER 2023.-Lambrechts Red Fantastic Red Cock Direct Son top pair LANCIA X HOTWING – Lancia Full brother Champion LANCIA 1. Nat Young Ace KBDB 2015 . 1. Souppes 1243 b 1. Zone East 507 b 2. Souppes 2391 b 1. Zone East 958 b 2. Souppes 2031 b 1. Zone East 720 b 3. Souppes 1348 b.————–DAM:IHUS 24 099999 “SUPER SPRINT 999”. STUNNING BLUE PIED HEN WITH A POTENT MIX OF HARDCORE SPRINT BLOOD.SEE PEDIGREE!!!!yokenR3,000Current bid: R3,000
5th July 2025 14:05LOT 22 BENEKE LOFTS -ZA 25 TOPPIGEON 44 – SIRE:12009 ZA 21. JJJ GANUS. BRED FROM “JACQUELINE” 27th 2019 SAMDPR Final! 54th 2019 SAMDPR HSCR 1! 59th 2019 SAMDPR HSCR 2! Full sister of (1) JADZIA (7th SAMDPR Final); (2) DALEEN 31st 2017 SAMDPR 3rd OVERALL ACE PIGEON SAMDPR 2017, 4th Prize KNOCKOUT SAMDPR 2017 Final.————DAM:BE 21 4202825. BEST KITTEL. DIRECT DAUGHTER TO “JUNIOR”.JUNIOR WAS THE 1ST SON OF BEST KITTEL EVER RACED AND WON 5 X 1ST 2. National Ace Pigeon Sprint Yl KBDB 2018 4. Belgian Olympic Pigeon Cat A – Poznan 2019.SEE PEDIGREE!!!!terblancheR2,000Current bid: R2,000
5th July 2025 5:53.LOT 2 BLIZZARD KING KITTEL – BE 24 3108676 BBAR PIED HEN -SAME BRED SOLD FOR R79 000.00 ON TOPPIGEON——-INBRED BLIZZARD – INBRED OLYMPIC ROSITA – KITTEL -DOUBLE BLIZZARD————-SIRE:B 22-4207828 M GRIZZLE BLIZZARD 828 Flanders Collection Grizzle…DIRECT SON TO LEGENDARY BLIZZARD KING KITTEL. SAME MOTHER BRED: 1. PRIZE 3.757 BIRDS. 3. PRIZ. 17.711 BIRDS. 3. PRIZE 545 BIRDS. 7. PRIZE 813 BIRDS. 7. PRIZE 385 BIRDS. 25.PRIZE 881 BIRDS. 32.PRIZE 1.904. 37.PRIZE 347 BIRDS. 40.PRIZE 9.452 BIRDS—————–DAM:B 22-4207843 V GRIZZLE BLIZZARD 843. Flanders Collection. Grizzle .DIRECT FROM BLIZZARD. SAME MOTHER BRED: – WITTE KITTEL 1. PRIZE 1.042 BIRDs. 6. PRIZE 1.745 BIRDS. 6. PRIZE 1.008 BIRDS. 8. PRIZE 1.587 BIRDS. 23. PRIZE 1.258 BIRDS. 54.PRIZE 2.144 BIRDS.SEE PEDIGREE!!!holidR36,000Current bid: R36,000
5th July 2025 5:53.LOT 2 BLIZZARD KING KITTEL – BE 24 3108676 BBAR PIED HEN -SAME BRED SOLD FOR R79 000.00 ON TOPPIGEON——-INBRED BLIZZARD – INBRED OLYMPIC ROSITA – KITTEL -DOUBLE BLIZZARD————-SIRE:B 22-4207828 M GRIZZLE BLIZZARD 828 Flanders Collection Grizzle…DIRECT SON TO LEGENDARY BLIZZARD KING KITTEL. SAME MOTHER BRED: 1. PRIZE 3.757 BIRDS. 3. PRIZ. 17.711 BIRDS. 3. PRIZE 545 BIRDS. 7. PRIZE 813 BIRDS. 7. PRIZE 385 BIRDS. 25.PRIZE 881 BIRDS. 32.PRIZE 1.904. 37.PRIZE 347 BIRDS. 40.PRIZE 9.452 BIRDS—————–DAM:B 22-4207843 V GRIZZLE BLIZZARD 843. Flanders Collection. Grizzle .DIRECT FROM BLIZZARD. SAME MOTHER BRED: – WITTE KITTEL 1. PRIZE 1.042 BIRDs. 6. PRIZE 1.745 BIRDS. 6. PRIZE 1.008 BIRDS. 8. PRIZE 1.587 BIRDS. 23. PRIZE 1.258 BIRDS. 54.PRIZE 2.144 BIRDS.SEE PEDIGREE!!!karenbeneke3gmail-comR35,000Current bid: R36,000
5th July 2025 5:53.LOT 2 BLIZZARD KING KITTEL – BE 24 3108676 BBAR PIED HEN -SAME BRED SOLD FOR R79 000.00 ON TOPPIGEON——-INBRED BLIZZARD – INBRED OLYMPIC ROSITA – KITTEL -DOUBLE BLIZZARD————-SIRE:B 22-4207828 M GRIZZLE BLIZZARD 828 Flanders Collection Grizzle…DIRECT SON TO LEGENDARY BLIZZARD KING KITTEL. SAME MOTHER BRED: 1. PRIZE 3.757 BIRDS. 3. PRIZ. 17.711 BIRDS. 3. PRIZE 545 BIRDS. 7. PRIZE 813 BIRDS. 7. PRIZE 385 BIRDS. 25.PRIZE 881 BIRDS. 32.PRIZE 1.904. 37.PRIZE 347 BIRDS. 40.PRIZE 9.452 BIRDS—————–DAM:B 22-4207843 V GRIZZLE BLIZZARD 843. Flanders Collection. Grizzle .DIRECT FROM BLIZZARD. SAME MOTHER BRED: – WITTE KITTEL 1. PRIZE 1.042 BIRDs. 6. PRIZE 1.745 BIRDS. 6. PRIZE 1.008 BIRDS. 8. PRIZE 1.587 BIRDS. 23. PRIZE 1.258 BIRDS. 54.PRIZE 2.144 BIRDS.SEE PEDIGREE!!!holidR32,000Current bid: R36,000
5th July 2025 5:53.LOT 2 BLIZZARD KING KITTEL – BE 24 3108676 BBAR PIED HEN -SAME BRED SOLD FOR R79 000.00 ON TOPPIGEON——-INBRED BLIZZARD – INBRED OLYMPIC ROSITA – KITTEL -DOUBLE BLIZZARD————-SIRE:B 22-4207828 M GRIZZLE BLIZZARD 828 Flanders Collection Grizzle…DIRECT SON TO LEGENDARY BLIZZARD KING KITTEL. SAME MOTHER BRED: 1. PRIZE 3.757 BIRDS. 3. PRIZ. 17.711 BIRDS. 3. PRIZE 545 BIRDS. 7. PRIZE 813 BIRDS. 7. PRIZE 385 BIRDS. 25.PRIZE 881 BIRDS. 32.PRIZE 1.904. 37.PRIZE 347 BIRDS. 40.PRIZE 9.452 BIRDS—————–DAM:B 22-4207843 V GRIZZLE BLIZZARD 843. Flanders Collection. Grizzle .DIRECT FROM BLIZZARD. SAME MOTHER BRED: – WITTE KITTEL 1. PRIZE 1.042 BIRDs. 6. PRIZE 1.745 BIRDS. 6. PRIZE 1.008 BIRDS. 8. PRIZE 1.587 BIRDS. 23. PRIZE 1.258 BIRDS. 54.PRIZE 2.144 BIRDS.SEE PEDIGREE!!!karenbeneke3gmail-comR33,000Current bid: R36,000
5th July 2025 5:52.LOT 2 BLIZZARD KING KITTEL – BE 24 3108676 BBAR PIED HEN -SAME BRED SOLD FOR R79 000.00 ON TOPPIGEON——-INBRED BLIZZARD – INBRED OLYMPIC ROSITA – KITTEL -DOUBLE BLIZZARD————-SIRE:B 22-4207828 M GRIZZLE BLIZZARD 828 Flanders Collection Grizzle…DIRECT SON TO LEGENDARY BLIZZARD KING KITTEL. SAME MOTHER BRED: 1. PRIZE 3.757 BIRDS. 3. PRIZ. 17.711 BIRDS. 3. PRIZE 545 BIRDS. 7. PRIZE 813 BIRDS. 7. PRIZE 385 BIRDS. 25.PRIZE 881 BIRDS. 32.PRIZE 1.904. 37.PRIZE 347 BIRDS. 40.PRIZE 9.452 BIRDS—————–DAM:B 22-4207843 V GRIZZLE BLIZZARD 843. Flanders Collection. Grizzle .DIRECT FROM BLIZZARD. SAME MOTHER BRED: – WITTE KITTEL 1. PRIZE 1.042 BIRDs. 6. PRIZE 1.745 BIRDS. 6. PRIZE 1.008 BIRDS. 8. PRIZE 1.587 BIRDS. 23. PRIZE 1.258 BIRDS. 54.PRIZE 2.144 BIRDS.SEE PEDIGREE!!!karenbeneke3gmail-comR29,000Current bid: R36,000
5th July 2025 5:52.LOT 2 BLIZZARD KING KITTEL – BE 24 3108676 BBAR PIED HEN -SAME BRED SOLD FOR R79 000.00 ON TOPPIGEON——-INBRED BLIZZARD – INBRED OLYMPIC ROSITA – KITTEL -DOUBLE BLIZZARD————-SIRE:B 22-4207828 M GRIZZLE BLIZZARD 828 Flanders Collection Grizzle…DIRECT SON TO LEGENDARY BLIZZARD KING KITTEL. SAME MOTHER BRED: 1. PRIZE 3.757 BIRDS. 3. PRIZ. 17.711 BIRDS. 3. PRIZE 545 BIRDS. 7. PRIZE 813 BIRDS. 7. PRIZE 385 BIRDS. 25.PRIZE 881 BIRDS. 32.PRIZE 1.904. 37.PRIZE 347 BIRDS. 40.PRIZE 9.452 BIRDS—————–DAM:B 22-4207843 V GRIZZLE BLIZZARD 843. Flanders Collection. Grizzle .DIRECT FROM BLIZZARD. SAME MOTHER BRED: – WITTE KITTEL 1. PRIZE 1.042 BIRDs. 6. PRIZE 1.745 BIRDS. 6. PRIZE 1.008 BIRDS. 8. PRIZE 1.587 BIRDS. 23. PRIZE 1.258 BIRDS. 54.PRIZE 2.144 BIRDS.SEE PEDIGREE!!!holidR28,000Current bid: R36,000
5th July 2025 5:51.LOT 1 BLIZZARD KING KITTEL – BE 24 4167099 GRIZZLE HEN -SIRE:BE 22 4207865 . BLIZZARD X ROSITA. FLANDERS COLLECTION. THIS IS A DIRECT SON TO WORLD FAMOUS “BLIZZARD KING KITTEL”. THIS IS ALSO A DIRECT GRANDSON TO “LEGENDARY “KITTEL”—————-DAM:BE 19 4213915 . TOP DAUGHTER KITTEL. VAN DEN BULCK. DNA CERTIFIED. THIS HEN IS BRED DIRECTLY OUT OF LEGENDARY “KITTEL” MATED TO HIS OWN GRAND DAUGHTER.SEE PEDIGREE!!!!holidR41,000Current bid: R41,000
5th July 2025 5:51.LOT 1 BLIZZARD KING KITTEL – BE 24 4167099 GRIZZLE HEN -SIRE:BE 22 4207865 . BLIZZARD X ROSITA. FLANDERS COLLECTION. THIS IS A DIRECT SON TO WORLD FAMOUS “BLIZZARD KING KITTEL”. THIS IS ALSO A DIRECT GRANDSON TO “LEGENDARY “KITTEL”—————-DAM:BE 19 4213915 . TOP DAUGHTER KITTEL. VAN DEN BULCK. DNA CERTIFIED. THIS HEN IS BRED DIRECTLY OUT OF LEGENDARY “KITTEL” MATED TO HIS OWN GRAND DAUGHTER.SEE PEDIGREE!!!!annetjieR40,000Current bid: R41,000
5th July 2025 5:51.LOT 1 BLIZZARD KING KITTEL – BE 24 4167099 GRIZZLE HEN -SIRE:BE 22 4207865 . BLIZZARD X ROSITA. FLANDERS COLLECTION. THIS IS A DIRECT SON TO WORLD FAMOUS “BLIZZARD KING KITTEL”. THIS IS ALSO A DIRECT GRANDSON TO “LEGENDARY “KITTEL”—————-DAM:BE 19 4213915 . TOP DAUGHTER KITTEL. VAN DEN BULCK. DNA CERTIFIED. THIS HEN IS BRED DIRECTLY OUT OF LEGENDARY “KITTEL” MATED TO HIS OWN GRAND DAUGHTER.SEE PEDIGREE!!!!holidR39,000Current bid: R41,000
5th July 2025 5:39.LOT 1 PIGEON PALACE – ZA 25 TURFPET 981 -HALF SIBLING SOLD FOR R100 000.00 EACH TO BRAD BOWN AND KEVIN KITCHENBRAND ON TOPPIGEON–BRED FROM A VERY SPECIAL PAIR OF PIGEONS. SISTER TO SUPERBREEDER COCKS OF ALWYN BESTER : 63384/18 &63390/18 . 63384 IS SIRE TO 604/22 DOUBLE UNION WINNER , GAUTENG COMBINE WINNER , CRUSADERS CLUB ACE PIGEON , BEST YEARLING , BEST YB UNION , 2ND BEST BIRD BEST UNION OVERALL & SANPO SILVER MEDAL WINNER YB. 63384 IS GRANDSIRE TO “TURBO KITTEL” 6 X SANPO GOLD MEDAL WINNER FOR SU PREEZ & DEETLEFS 2021. 63390/18 IS SIRE TO “FIVE STAR” GREEN JACKET ACE WINNER AFRIKAPRO 2023 , “DYNASTY” 1ST GRAND AVERAGE WINNER DINOKENG 2022.——————SIRE:NL 17 1848806 “SPECIAL KITTEL”. DIRK VAN DEN BULCK. GRANDSON “KITTEL” ALSO “OLYMPIC ROSITA”. NATIONAL ACE PIGEONS ALL OVER HIS PEDIGREES. ONE OF THE BEST KITTEL COCKS ON THE PLANET. SIRE TO TOP RACERS FOR DEREK WALSH. SPECIAL INBRED KITTEL. WINNING DESCENDANTS FROM KITTEL OVER TWO GENERATIONS. KITTEL THE BEST KBDB ACE COCK IN BELGIAN HISTORY.—————DAM:DV 01654-22-239 H. ‘Miss Durban’ Di Caprio-Kannibaal BCH w/f Top racer at Afrika Pro. Related to the excellent ’95 hen’ of our Special Kittel pair the parents of 63384/18 & 63390/18 Alwyn Bester.Dirk van Dyck Kannibaal/Rambo x Olympic Niels x Di Caprio prominent in this pedigree.SEE PEDIGREE!!!gys-louwR6,500Current bid: R6,500
5th July 2025 0:56LOT 13 EARLY JULY – ZA 19 TRPF 14394 – SIRE:ZA 10 TRPF 14508. Strain: Van Elsacker X Houben Color: Blue Bar Has bred numerous Club Winners as well as a Fed Winner for C Kerekes.This cock is also the sire of TRPF 7931/15 which was the best bird in the strong alberton club.———-DAM:ZA 14 GPU 15781***** . Alias “THE GPU HEN” Strain: Van Engela X Lock Color: Blue Bar 5 X WINNER PLUS FEDERATION WINNER GOLD MEDAL WINNER SANPO MIDDLE DISTANCE 2016 SILVER MEDAL WINNER SANPO OVERALL 2016 ACE BIRD OVERALL GAUTENG COMBINE 2016 ACE BIRD OVERALL T.R.P.F 2016 ACE BIRD OVERALL MIDDLE DISTANCE.SEE PEDIGREE!!!edwinR1,500Current bid: R1,500
4th July 2025 20:54LOT 12 EARLY JULY – NL 18 1568794 -SIRE:B 11-6219366 M LOUIS/SEPTEMBERMAN GEBR. JANSSEN LICHTGESCHELPT BRED BY JANSSEN Pedigree for Pigeon: NL 18-1568794 M BROTHERS ARENDONCK SUPERE SON OF SEPTEMBERMAN, THE SUPERSTAR OF THЕ LOFT WITH DAUGHTER PRINCESS, THE SUPERPAIR SOLD ON PIPA IN APRIL 2012 FOR 91.000 EURO..————-DAM:NL 08-2138386 V LOUISKE VECHTERKE GEBR. JANSSEN CHEQUER DAUGHTER LOUISKE AND WITPENNEKE VECHTER TOP JANSSEN PRODUCERS IN MY LOFT. FULL SISTER OF SUPERRACERS AND PRODUCERS! FOUNDATION HEN.SEE PEDIGREE!!!jaquesR1,500Current bid: R1,500
4th July 2025 19:27.LOT 9 EARLY JULY – ZA 22 VPU 9613 -This is A SPECIMAN in the hand!! Bred for stock from SUPER ONE LOFT WINNER 810 X LOCK BLOOD!! THE SIRE: ZA OVRF 12347/20 Sold for R15 000. Purchased from D Van Niekerk 2021. Full brother to: ZA DVNH 207/18-SUPER RACER! 4x Winner! 3rd Overall OVRF Ace Pigeon!!———-SIRE:ZA 20 OVRF 12347 Alias “BRO 207-4 X WINNER M/D Str810 X 19318 Sanpo Gold Li Color Bb.————DAM:ZA 20 VPU 978.Alias “ONE LOFT WONDER LINE Strain: OOA ONE LOFT WINNER LINE Color Bb.Dam in first season to ZA VPU 8394/21- -67th Dinokeng Final 2022, Garipe, 624km, vel 1034.SEE PEDIGREE!!!human-loftR3,500Current bid: R3,500
4th July 2025 19:26LOT 11 EARLY JULY – ZA 23 GRPF 7458 COCK -SIRE: 5203 ZA 23 MSHS. TOM LOCK/820 SABLON. DAM WERE 3RD BARZALONA DINOKENG AND BIG MONEY RACE WINNER DINOKENG.——–DAM:5204 ZA 23 MSHS. TOM LOCK/810 SABLON. DAM WERE 7TH FINAL AND KNOCKOUT WINNER DINOKENG 2022.SEE PEDIGREE!!!human-loftR1,500Current bid: R1,500
4th July 2025 13:16.LOT 3 EARLY JULY – ZA 23 J&B 465 HEN -SIRE:663 J&B 22. Du Preez&Deetlefs. GRAND DAM IS A DIRECT DAUGHTER TO JOKO OF TNT LOFTS.——-DAM:1899 GRPF 21 ROADSTER. SIRE IS FULL BROTHER TO 2ND VICTORIA FALLS.SEE PEDIGREE!!!calirootsR1,000Current bid: R1,000
4th July 2025 13:05.LOT 1 SAIPR BREEDING STATION – ZA 25 GPU 3315 – SIRE:ZA 22 NRHU 3031 .SIRE TO 8073 CLUB WINNER AND 5TH CLUB ALSO 2ND UNION. SIRE IS BRED FROM A DIRECT SON TO BEST KITTEL. DAM IS “THE 65K HEN” SUPER RACER NRHU.——-DAM:IHUS 24 099964 “SUPER SPRINT 04”. STUNNING BLUE PIED HEN WITH A POTENT MIX OF HARDCORE SPRINT BLOOD.SUPER DIRK VAN DEN BULCK GENETICS.SEE PEDIGREE!!!vjlR3,000Current bid: R3,000
4th July 2025 12:35LOT 14 EARLY JULY – ZA 23 J&B 434 COCK -SIRE:663 J&B 22. Du Preez&Deetlefs. GRAND DAM IS A DIRECT DAUGHTER TO JOKO OF TNT LOFTS.——-DAM:1899 GRPF 21 ROADSTER. SIRE IS FULL BROTHER TO 2ND VICTORIA FALLS.SEE PEDIGREE!!!janeanR1,000Current bid: R1,000
4th July 2025 11:45.LOT 2 EARLY JULY – ZA-23-FB-08159 -SIRE:ZA 260440 20.COLOR: BB ALIAS: KLAPMUTS COCK 3RD ACE BIRD AVERAGE.——-DAM:ZA TRPF 2982 21.TRAIN: AELBRECHT X BOSUA BESTE KORTPAD DUIF IN SA ONE OF THE BEST BIRDS IN THE FEDERATION 1ST CLUB BLOEMFONTEIN 1ST CLUB SPRINGFONTEIN 2ND CLUB WINBURG 3RD CLUB VERKEERDEVLEI 3RD CLUB REDDERSBURG 3RD CLUB TROMPSBURG 8TH CLUB SMITHFIELD..SEE PEDIGREE!!!cyrilR1,500Current bid: R1,500

© 2025 Top Pigeon · Auction functionality by Full Stop Communications · Hosted by Rackzar