• Skip to primary navigation
  • Skip to main content
  • Skip to primary sidebar

Top Pigeon

Racing pigeon auctions in SA and abroad

  • Home
  • Auctions
    • Active Auctions
    • Upcoming Auctions
    • Past Auctions
    • Auction Rules
  • Your Latest Bid and Watch List
  • Top News
  • Search
  • Login
  • Register
  • Contact

WEN DIE WEDVLUG UIT DIE NESPAN met erkenning aan Hannes Grove 

Grace · Apr 6, 2020 ·

WEN DIE WEDVLUG UIT DIE NESPAN met erkenning aan Hannes Grove 

‘n Suksesvolle vliegseisoen begin reeds in die nespan.
Duifies wat geteel word sonder die regte voeding en gesondheid sal NOOIT kan kers vashou by hulle ewekniee wat wel die regte versorging gehad het nie.

Baie duiweboere sukkel om te verstaan waarom hulle jong duiwe nie wil presteer nie. Daar word dan gegryp na allerhande “quick fixes” om die verlangde resultate te probeer kry. Nee meneer, die rede vir “innie bos” wees kom gewoonlik al ‘n paar maande saam met jou span. Sorg vir die broeihok en hy sal vir die vlieghok sorg.

Teen hierdie tyd weet ons almal dat die kwaliteit duiwe in jou broeihok op standaard moet wees. Eintlik bo-gemiddeld as jy saam met die groot honde wil blaf. Ek gaan nie hierdie aspek bespreek nie – dit is ‘n onderwerp op sy eie.

Kom ons bespreek ‘n klompie punte wat reeds gedurende die broeiseisoen ons vliegprestasies van volgende seisoen kan bepaal.

1. Gesonde Broeiduiwe

Begin reg. Moenie met duiwe wil teel wat ooglopend siek is nie. Maak seker dat hulle 100% gesond is voordat jy oppaar. Dit is goed om hulle vooraf te ontwurm. Ek glo egter nie daaraan om broeiduiwe op ‘n voorkomende behandeling kursus te sit nie – hulle natuurlike gesondheid en immuniteit behoort van so aard te wees dat hulle gesonde kuikens sal kan grootmaak.

Jou broeiduiwe moet in dieselfde of selfs beter kondisie as jou vliegspan wees. Anders het jy hulle afgeskeep en sal jy ongelukkig die vrot vrugte pluk…

Tussen rondtes kuikens is dit baie keer wenslik om bietjie kanker of koksidiose behandeling te doen. Ons is egter baie versigtig om medikasie toe te dien aan duiwe wat kuikens voer. Indien daar egter ‘n probleem in die hok is behandel eerder as wat jy met sieklike kuikens sit.

Sorg dat jou PMV entings op datum is – ons verkies om dit nie te naby aan die broeiseisoen te doen nie.

2. Te veel Broeiduiwe

Baie duiweboere is gaarders. Ons is geneig om te dink dat hoe meer duiwe kombinasies ons mee teel, hoe beter is die kans om wenners te teel. So bietjie van ‘n ‘Liquorice Allsorts” of “Shotgun” benadering. Skiet in die bondel en kyk wat val…

Die praktiese uitvloeisel van hierdie benadering is die volgende:

– Jy teel dalk een stel babas uit ‘n broeipaar. Hoe toets jy die vermoe van ‘n paar duiwe met slegs twee kuikens? Jy kan nie. As jy darem 6 babas teel kan jy ‘n redelike gevolgtrekking oor die paar maak. Onthou dat van die beste hokke nie eers by ‘n 10% goeie duiwe in die vlieghok uitkom nie. So in praktyk beteken dit as jy 50 babas teel is daar dalk (as jy baie baie gelukkig is) 5 wat regtig bo gemiddeld vlieg. Die res kom ook maar net huistoe.

So as jy te veel duiwe aanhou gaan jy noodwendig te min uit ‘n paar teel en kan nie oortuigend bepaal of die paar nou goed of sleg is nie.

– Oorbevolking. Duiwe is baie territoriaal – hulle soek hulle eie ou plekkie om familie te bou. Daar is altyd die afknouers en dominante duiwe. Indien jy te veel duiwe aanhou sal daar defnitief duiwe wees wat daaronder lei. Hulle sal nie die kuikens mooi kan grootmaak nie en so mors jy eitlik maar jou tyd. Sorg dat jou broeihokke ruim genoeg is sodat elke ouer gemaklik kan vreet en broei. Indien dit nie die geval is nie, verminder jou duiwe. Siektes is ook meer geneig om vastrap plek te kry in hokke met te veel duiwe.

– Jy beweeg sywaarts en nie vorentoe nie. Indien jy te veel verskillende duiwe aanhou is jy nie besig om ‘n familie duiwe te bou nie. ‘n Familie duiwe sal jou in staat stel om volhoubaar goed te doen. Die goue draad kan identifiseer word en dan kan jy daar rondom bou en dit versterk. Met ‘n “Iets van alles” benadering kruis jy voortdurend nuwe genetika in jou hok in en dan weet jy later self nie eers watse bloedlyn die duiwe is nie.

3. Te geduldig

Jy koop daardie “Super” duif teen ‘n lekker stywe bedrag aan. Jou tone krul sommer nou al van die lekkerte. Die ouens gaan darem maar hande klap vir jou volgende jaar…

Jaar 1 teel jy dat die biesies bewe. 8 van daai “supers” sit nou mooi netjies in jou vlieghok. Jy begin hulle padwerk gee en op een van daardie harde tossies is 3 weg. “Bad luck” dink jy. Die ander 5 hou. So gaan jy die seisoen deur en daar is nog 3 oor. Hulle het darem so plekkie of twee gevlieg dink jy. “No too shabby” – kom ek hou hulle vir ope duiwe – dan gaan hulle roer!

Jaar 2 word die pare geruil en jy teel weer met mening vir volgende seisoen. Ongelukkig herhaal die hele proses hom. Geen goeies uit daardie duur duif nie. Maar uithaal – NOOIT. Hy het ‘n moewiese pedigree. Glad nie uithaal nie. Uh uh.

En wat gebeur? Jy sit na ‘n paar jaar met ‘n hele hok van hierdie kamtige “Supers”. En hulle is boggerol werd. Jy het agteruit geboer.

Selekteer streng. Moenie te veel geduld met ‘n duif he en te sentimenteel raak nie. Ons vlieg duiwe – dis ‘n wedvlug, nie ‘n skoonheidskompetisie nie. Die mandjie moet selekteer sodat ons kan verbeter.

4. Hitte, Vog en Goggas

Die grootste deel van die Suid-Afrikaanse broeiseisoen val in die somer. Soos ons almal weet loop hitte, vog en siektes hand aan hand. Dink bietjie terug – jou eerste stel kuikens is gewoonlik pragtig. Die neste is droog en geen swak kuikens nie.

Sodra die somer inskop en so bietjie reen daarmee saam val, begin die probleme in die broeihok. Nat neste. Veerluise. Duiwe vliee.

Die probleem hier is tweeledig.

Eerstens is die meeste broeiduiwe dan besig met hul tweede of derde stel kuikens. Stress speel ‘n rol veral as die voeding nie heeltemal reg was tot dusver nie. Duiwe begin water pomp vir die kuikens wat dan op sy beurt nat neste veroorsaak. Die probleem eskaleer vinnig aangesien vliee baie lief is vir nat neste en hulle eiertjies graag daar gaan le. Ewe skielik lyk die kuikens nie lekker nie. Hierdie tipe kuiken wat die veredos van ‘n volwasse duif het met die bouvorm van ‘n week ou duif. “Squib”

Die tweede deel van die probleem is bloot die feit dat goggas en parasiete floreer in warm vogtige omstandighede. Vliee, veerluise, muskiete ens.

Dit alles veroorsaak minder wenslike omstandighede vir gesonde kuikens teel.

Monitor dus jou span noukeurig. Elimineer eksterne parasiete deur iets met Permethrin gereeld te spuit. Hou dop dat kropkanker en koksidiose nie vatplek kry nie.

5. Nesmateriaal!

Ek is seker nie een van ons wil duiwe teel wat kan “split” nie – jy weet soos ‘n gimnas wydsbeen “split”? Tog gebeur dit gereeld dat daar ‘n kuiken met so identiteitskrisis sy opwagting maak. En die rede hiervoor is meestal neste sonder voldoende nesmateriaal…

Dit is een van die mees basiese goed wat baie keer afgeskeep word.

Die gebrek aan nestmateriaal lei gewoonlik ook dan tot nat neste en op sy beurt siektes en swak kuikens.

Geskikte nesmateriaal is iets soos:
Koring strooi
Denne naalde
Cat litter
ens.

Dit maak nie eintlik saak wat jy gebruik nie – solank dit nie toksies is nie en die vog kan absorbeer, is dit reg.

6. Observasie

Hou jou duiwe dop. Die ouers sowel as die kuikens. Jy sal gou sien as daar honger kuikens is. Of as die ouers begin water pomp. Nat neste moet vermy word. Probeer om die probleem te identifiseer en reg te stel so gou moontlik. ‘n Week se nalatigheid kan ‘n seisoen se sukses belemmer.

7. Voeding

Duiwe wat kuikens voer is nie lief vir mielies nie. Ons gebruik ‘n mengsel wat hoog in proteine is. Babas wat groei het proteine nodig om lekker sterk word. “Pellets” is goed vir broeiduiwe – dit is hoog in proteine en voer boonop maklik.

Ons het gevind dat broeiduiwe wat te veel kos het wat rondle, swakker voer as duiwe wat alles opvreet en dan weer gevoer word. Dus – broeiduiwe met aptyt vreet beter en voer beter. Maar moet onder geen omstandighede jou broeiduiwe ondervoed nie. Hulle moet genoeg kos kry.

8. Natuurlike immuniteit en vitaliteit

Moenie jou tyd mors met babas wat gepamperlang wil word nie. Daardie swakkes wat lyk of hulle hulself jammer kry – sal nooit ‘n kampioen word nie – teel eerder ‘n ander een.

9. Medikasie gedurende die Broeiseisoen

Soos gemeld moet medikasie oordeelkundig gebruik word gedurende die broeiseisoen. Jy wil babas so natuurlik moontlik grootmaak. Indien daar wel ‘n probleem opduik sal jy moet ingryp voor die kuikens skade opdoen. Doen dit egter oordeelkundig! Bly weg van antibiotika sover dit moontlik is.

10. Speen van Jonges

Speen jou jonges op ‘n ouderdom wat hulle self kan vreet maar nie te sterk is nie. Dit sal hulle in staat stel om vinnig in die vlieghok aan te pas en nie ‘n knou te kry nie. Jonges wat te sterk gespeen word is geneig om makliker weg te raak om die hok.

Maak seker dat jou jonges nie gespeen word sonder om hulle teen PMV (Paramyxo Virus) te ent nie. Dit is een van die mees kritiese dinge wat gedoen MOET word.

Jonges moet so spoedig moontlik buite die vlieghok begin rondloop sodat hulle kan leer hoe lyk hulle omgewing.

NEW COMERS, News

Primary Sidebar

Latest bids

DateAuctionUsernameBidStatus
14th January 2026 0:55.LOT 7 HOT THURSDAY – ZA 23 RADR 132 – BRED BY RADFORD & VISSER——–SIRE:3879 GRPA 22 ZA. ALFONS KLAAS.—-DAM: 02113 SANPO 16 ZA. ALFONS KLAAS/SIERENS.SEE PEDIGREE!!!gertswartR1,000Current bid: R1,000
13th January 2026 11:37.LOT 4 HOT THURSDAY – GB 23 A 94576 -SIRE:BE 19-4130191 BEST KITTELS WOLF.Winner of 5. Grand Average Acebird Victoria Falls OLR 2020 With Over 4,000 Birds At The Start.Direct Son MILAN 6. Nat Ace KBDB 2017.G.Son Super Pigeons – NATIONAL ACE 2015 – SHAKIRA -WOLVERINE ROBBEN ISLAND.————-DAM:GB20 C07110 Farmer Gump 110 Cooper. MOTHER TO NO ONE WANTS ME. 37th place Final 419b 261m & 25th place semi final British Masters 155m 466b.SEE PEDIGREE!!!rossR1,000Current bid: R1,000
11th January 2026 15:51.LOT 1 SAIPR OLR UNPAID / LATE – VSL 2-ZA VSL 1171 2024 · -SIRE:61 ZA VSL 23 “PERFECTION” Colou BCP MELT BEST KITTEL BRED FOR STOCK!! BRED OUT OF HALF BROTHER TO HALF SISTER WHERE BEST KITTEL IS 4X IN PEDIGREE. HALF BROTHER TO 3RD ACE BIRD SAIPR 2024/25 SUMMER.———DAM:21232 GB P 19 PITBULL QUEEN Colou GRIZ PITBULL/VAN DEN BULCK GR GRD.DTR OF PITBULL 777 X DUBBEL KITTEL PITBULL 777 WINNER OF6X 1ST PRIZES & FOUNDATION COCK.HIS DYNASTY IS RESPONSIBLE FOR 75X 1ST MANY ACE KBDB &OLYMPIC AWARDS 1ST 129b,18th 2464b,4th 98 b bblm.SEE PEDIGREE!!!thomasR3,000Winning Bid: R3,000
11th January 2026 15:36LOT 16 DU PLOOY FAMILY LOFTS- ZA 21 Burgerdorp 445 BB H -SIRE: ZA 17 SLIM 2853. CLAUSING.————-DAM:ZA 18 NOK 0831 . CLAUSING.SEE PEDIGREE!!!doveR1,000Winning Bid: R1,000
11th January 2026 14:48LOT 29 EARLY JANUARY – ZA 25 TOPPIGEON 47 -SIRE:3506-ZA-CYRL-23.”Brother So Close” – Nest brother to So Close 7th final Afrikapro 2023 960 birds. ————DAM:8716 ZA GPU 22 BUTTERCUP CH Beneke Lofts 16TH GRAND AVERAGE SAPIR OLR 2023. SAME BRED AS 3RD ACE DINOKENG ONE DAY LOFTS 2022 AND 8TH ACE PIGEON CAPE TOWN ONE LOFT RACE 2023 AND 5TH HOTSPOT ACE SAIPR WINTER 2023.SEE PEDIGREE!!!ragnarR2,000Winning Bid: R2,000
11th January 2026 14:42.LOT 9 DU PLOOY FAMILY LOFTS- ZA 22 OPDP 1966 BBP C -SIRE:ZA 21 TRPF 2166.Alias “MR. MIXY” Strain: Ganus/Oswald Van Loon Color: Blue Bar World renowend bloodlines combine together from MDPR winners and one loft racing stars. Full brother to ” JADZIA” – 7th place SAMDPR 2019 Final bred by Triple J Lofts. Dam ” DON’T SLEEP” – half sister to “MIX” SAMDPR winner 2018- same Dam. —————DAM:ZA 22 CYRL 1238 .Alias “Vegas Girl 2” Strain: Ganus Color: Blue Bar Half brother x half sister mating (ORNAT X SORIA).SEE PEDIGREE!!!reebaR1,000Winning Bid: R1,000
11th January 2026 14:37LOT 29 EARLY JANUARY – ZA 25 TOPPIGEON 47 -SIRE:3506-ZA-CYRL-23.”Brother So Close” – Nest brother to So Close 7th final Afrikapro 2023 960 birds. ————DAM:8716 ZA GPU 22 BUTTERCUP CH Beneke Lofts 16TH GRAND AVERAGE SAPIR OLR 2023. SAME BRED AS 3RD ACE DINOKENG ONE DAY LOFTS 2022 AND 8TH ACE PIGEON CAPE TOWN ONE LOFT RACE 2023 AND 5TH HOTSPOT ACE SAIPR WINTER 2023.SEE PEDIGREE!!!pigeon123R1,500Winning Bid: R2,000
11th January 2026 14:36LOT 29 EARLY JANUARY – ZA 25 TOPPIGEON 47 -SIRE:3506-ZA-CYRL-23.”Brother So Close” – Nest brother to So Close 7th final Afrikapro 2023 960 birds. ————DAM:8716 ZA GPU 22 BUTTERCUP CH Beneke Lofts 16TH GRAND AVERAGE SAPIR OLR 2023. SAME BRED AS 3RD ACE DINOKENG ONE DAY LOFTS 2022 AND 8TH ACE PIGEON CAPE TOWN ONE LOFT RACE 2023 AND 5TH HOTSPOT ACE SAIPR WINTER 2023.SEE PEDIGREE!!!ragnarR1,000Winning Bid: R2,000
11th January 2026 14:35LOT 25 EARLY JANUARY – ZA 25 TOPPIGEON 30 -SIRE:16722 ZA TRPF 12.FLOR ENGELS. SIRE TO GAUTENG ACE PIGEON COMBINE.————DAM: 0679 ZA 23 SDHU. DOUBLE VIETNAM.INBRED TO VIETNAM.030 IS HALF BROTHER TO MIX,WINNER MDPR. SOLD FOR 1.2 MILLION TO MIKE GANUS. BROTHER 030 BRED BIG WINNER IN USA. 0001 SON OF THIS PAIR WON TRUCK FOR ME AND ALSO FLEW SECOND TRUCK.ANOTHER SON WAS BEST BIRD FOR ME 2023.THIS IS MOST PROBABLY MY BEST PAIR.SEE PEDIGREE!!!ragnarR1,000Winning Bid: R1,000
11th January 2026 14:32LOT 26 EARLY JANUARY – GB 22 N 43034 – SIRE:GB J-13-18919 C.FANTASTIC BLOODLINES ONE OF MILLYS LOFT FAVORITE FOR BREEDING ONE LOFT RACE WINNERS.————DAM:GB N-15-60000 H AFRICAN PRINCESS NIGEL LANGSTAFF CHEQ A REAL CRACKING HEN SHE IS A FULL SISTER TO FONTWELL FOXTROT ROMEO OUTSTANDING RACER IN THE 19TH SAMDPR.SEE PEDIGREE!!!reebaR1,000Winning Bid: R1,000
11th January 2026 14:31LOT 20 EARLY JANUARY –ZA 22 CYRL 5536 CHECK – SIRE: 203022 FR 19 “GREG 22” Bloodlines from Kaasboer and P.Veenstra – SAMDPR 2019/2020 . Bred 3rd ACE Dinokeng 2022 . Bred 8th ACE CTIOL 2023. Bred 2nd Club Sale Bloemfontein. Bred 19th Final CTIOL 2023.—— DAM: 8066 ZA TRPF 18. FLOR ENGELS / TOM LOCK. She is is the nestmate sister to the grand father of SAPIR ONE LOFT WINNER 2022 Winning R750 000.00 . Bred 3rd ACE Dinokeng 2022 . Bred 8th ACE CTIOL 2023. Bred 2nd Club Sale Bloemfontein. Bred 19th Final CTIOL 2023. SEE PEDIGREE!!!ragnarR1,000Winning Bid: R1,000
11th January 2026 14:29LOT 18 EARLY JANUARY – ZA 23 CYRL 6364 BB – FULL SISTERS 3RD ACE DINOKENG ONE DAY LOFTS 2022 AND 8TH ACE PIGEON CAPE TOWN ONE LOFT RACE 2023 AND 5TH HOTSPOT ACE SAIPR WINTER 2023 – SIRE: 203022 FR 19 “GREG 22” Bloodlines from Kaasboer and P.Veenstra – SAMDPR 2019/2020 . Bred 3rd ACE Dinokeng 2022 . Bred 8th ACE CTIOL 2023. Bred 2nd Club Sale Bloemfontein. Bred 19th Final CTIOL 2023.—— DAM: 8066 ZA TRPF 18. FLOR ENGELS / TOM LOCK. She is is the nestmate sister to the grand father of SAPIR ONE LOFT WINNER 2022 Winning R750 000.00 . Bred 3rd ACE Dinokeng 2022 . Bred 8th ACE CTIOL 2023. Bred 2nd Club Sale Bloemfontein. Bred 19th Final CTIOL 2023. SEE PEDIGREE!!!ragnarR1,000Winning Bid: R1,000
11th January 2026 14:23LOT 28 EARLY JANUARY – ZA 24 GJT 202 – SIRE:16722 ZA TRPF 12.FLOR ENGELS. SIRE TO GAUTENG ACE PIGEON COMBINE.————–DAM:2658 ZA CYRL 22 TOP GUN BENEKE LOFTS 19th Final CTIOL 2023 and 8th ACE Bird CTIOL 2023. Same bred as 3rd ACE Dinokeng 2022 , 2nd Club Sale Bloemfontein..SEE PEDIGREE!!!robR1,000Winning Bid: R1,000
11th January 2026 14:17LOT 10 EARLY JANUARY – ZA 22 GPU 8748 CHECK ——BRED BY BENEKE LOFTS—— 5TH HOTSPOT AVERAGES SAIPR- SIRE: 203022 FR 19 “GREG 22” Bloodlines from Kaasboer and P.Veenstra – SAMDPR 2019/2020 . Bred 3rd ACE Dinokeng 2022 . Bred 8th ACE CTIOL 2023. Bred 2nd Club Sale Bloemfontein. Bred 19th Final CTIOL 2023.—— DAM: 8066 ZA TRPF 18. FLOR ENGELS / TOM LOCK. She is is the nestmate sister to the grand father of SAPIR ONE LOFT WINNER 2022 Winning R750 000.00 . Bred 3rd ACE Dinokeng 2022 . Bred 8th ACE CTIOL 2023. Bred 2nd Club Sale Bloemfontein. Bred 19th Final CTIOL 2023. SEE PEDIGREE!!!ragnarR1,500Winning Bid: R1,500
11th January 2026 14:14LOT 31 EARLY JANUARY – ZA 21 MPKD 71 -SIRE:2581 ZA 19 VPU. OOA 810 SUPERBREEDER GENETICS. THIS IS A DIRECT GRANDSON TO SUPER BREEDER “CHEEKY”.————-Dam: 1068 ZA 15 WRRPA. This is a pure Kaasboer hen bred out of “0054”and “Kiran”. See Pedigree!!!!!!!runner11R1,000Winning Bid: R1,000
11th January 2026 14:13LOT 24 EARLY JANUARY – ZA 21 MPKD 61 -SIRE: 2522 WRRPA 16 ZAD. KAASBOER/CLAUSING. HIS SIRE IS BRED DIRECTLY OUT OF THE NR 1 KAASBOER COCK. HIS SIRE IS ALSO HALF BROTHER TO SUPER BREEDER OF DIE PAINTERS “KONING KAAS”.————-DAM:1990 ZAD 17 WRRPA. KAASBOER. THIS HEN HAS BRED 2 BABIES FOR STEFAN BRILL WHO HAS WON BEST SHORT DISTANCE BIRD PSWU COMBINE 2018 AND BEST LONG DISTANCE BIRD PSWU COMBINE 2018 . DIRECT DAUGHTER OUT OF WORLD FAMOUS “KIRAN”. HALF SISTER TO “KONING KAAS”.SEE PEDIGREE!!!runner11R1,500Winning Bid: R1,500
11th January 2026 14:10LOT 13 EARLY JANUARY – ZA 23 CYRL 6313 -BRED BY BENEKE LOFTS—– SIRE: ZA 19 GPU 9300 . MIX / KAASBOER. THIS COCK IS BRED DIRECTLY OUT OF GOLDEN MIX WHICH WAS SOLD FOR R132 000.00 WHEN MATED TO A FULL SISTER OF “KONING KAAS” OF DIE PAINTERS.—–DAM: ZA 21 NOVP 601 . ACES RACING PIGEONS (BOUGHT FOR R27 000) . THIS HEN IS BRED OUT OF JAZZMANN WHO WAS BOUGHT FOR R630 000 . HIS SIRE IS RAVEN (NO.1 BREEDING COCK FOR MIKE GANUS).SEE PEDIGREE!!!runner11R1,000Winning Bid: R1,000
11th January 2026 14:04LOT 10 EARLY JANUARY – ZA 22 GPU 8748 CHECK ——BRED BY BENEKE LOFTS—— 5TH HOTSPOT AVERAGES SAIPR- SIRE: 203022 FR 19 “GREG 22” Bloodlines from Kaasboer and P.Veenstra – SAMDPR 2019/2020 . Bred 3rd ACE Dinokeng 2022 . Bred 8th ACE CTIOL 2023. Bred 2nd Club Sale Bloemfontein. Bred 19th Final CTIOL 2023.—— DAM: 8066 ZA TRPF 18. FLOR ENGELS / TOM LOCK. She is is the nestmate sister to the grand father of SAPIR ONE LOFT WINNER 2022 Winning R750 000.00 . Bred 3rd ACE Dinokeng 2022 . Bred 8th ACE CTIOL 2023. Bred 2nd Club Sale Bloemfontein. Bred 19th Final CTIOL 2023. SEE PEDIGREE!!!pigeon123R1,000Winning Bid: R1,500
11th January 2026 14:04.LOT 5 EARLY JANUARY – ZA 21 GPU 10459 BBAR HEN “GLIDE” – 12TH TROMPSBURG DINOKENG 2022. 9TH BLOEMFONTEIN 2 DINOKENG 2022. 3RD ACE PIGEON DINOKENG 2022. Samebred winning 2nd club sale for Coenie Hatting 2022.——-SIRE: 203022 FR 19 “GREG 22” Bloodlines from Kaasboer and P.Veenstra – SAMDPR 2019/2020 . Bred 3rd ACE Dinokeng 2022 . Bred 8th ACE CTIOL 2023. Bred 2nd Club Sale Bloemfontein. Bred 19th Final CTIOL 2023.—— DAM: 8066 ZA TRPF 18. FLOR ENGELS / TOM LOCK. She is is the nestmate sister to the grand father of SAPIR ONE LOFT WINNER 2022 Winning R750 000.00 . Bred 3rd ACE Dinokeng 2022 . Bred 8th ACE CTIOL 2023. Bred 2nd Club Sale Bloemfontein. Bred 19th Final CTIOL 2023. SEE PEDIGREE!!!pigeon123R7,500Winning Bid: R7,500
11th January 2026 13:59LOT 24 EARLY JANUARY – ZA 21 MPKD 61 -SIRE: 2522 WRRPA 16 ZAD. KAASBOER/CLAUSING. HIS SIRE IS BRED DIRECTLY OUT OF THE NR 1 KAASBOER COCK. HIS SIRE IS ALSO HALF BROTHER TO SUPER BREEDER OF DIE PAINTERS “KONING KAAS”.————-DAM:1990 ZAD 17 WRRPA. KAASBOER. THIS HEN HAS BRED 2 BABIES FOR STEFAN BRILL WHO HAS WON BEST SHORT DISTANCE BIRD PSWU COMBINE 2018 AND BEST LONG DISTANCE BIRD PSWU COMBINE 2018 . DIRECT DAUGHTER OUT OF WORLD FAMOUS “KIRAN”. HALF SISTER TO “KONING KAAS”.SEE PEDIGREE!!!johan-joosteR1,000Winning Bid: R1,500

© 2026 Top Pigeon · Auction functionality by Full Stop Communications · Hosted by Rackzar