• Skip to primary navigation
  • Skip to main content
  • Skip to primary sidebar

Top Pigeon

Racing pigeon auctions in SA and abroad

  • Home
  • Auctions
    • Active Auctions
    • Upcoming Auctions
    • Past Auctions
    • Auction Rules
  • Your Latest Bid and Watch List
  • Top News
  • Search
  • Login
  • Register
  • Contact

WEN DIE WEDVLUG UIT DIE NESPAN met erkenning aan Hannes Grove 

Hi Lo · Apr 6, 2020 ·

WEN DIE WEDVLUG UIT DIE NESPAN met erkenning aan Hannes Grove 

‘n Suksesvolle vliegseisoen begin reeds in die nespan.
Duifies wat geteel word sonder die regte voeding en gesondheid sal NOOIT kan kers vashou by hulle ewekniee wat wel die regte versorging gehad het nie.

Baie duiweboere sukkel om te verstaan waarom hulle jong duiwe nie wil presteer nie. Daar word dan gegryp na allerhande “quick fixes” om die verlangde resultate te probeer kry. Nee meneer, die rede vir “innie bos” wees kom gewoonlik al ‘n paar maande saam met jou span. Sorg vir die broeihok en hy sal vir die vlieghok sorg.

Teen hierdie tyd weet ons almal dat die kwaliteit duiwe in jou broeihok op standaard moet wees. Eintlik bo-gemiddeld as jy saam met die groot honde wil blaf. Ek gaan nie hierdie aspek bespreek nie – dit is ‘n onderwerp op sy eie.

Kom ons bespreek ‘n klompie punte wat reeds gedurende die broeiseisoen ons vliegprestasies van volgende seisoen kan bepaal.

1. Gesonde Broeiduiwe

Begin reg. Moenie met duiwe wil teel wat ooglopend siek is nie. Maak seker dat hulle 100% gesond is voordat jy oppaar. Dit is goed om hulle vooraf te ontwurm. Ek glo egter nie daaraan om broeiduiwe op ‘n voorkomende behandeling kursus te sit nie – hulle natuurlike gesondheid en immuniteit behoort van so aard te wees dat hulle gesonde kuikens sal kan grootmaak.

Jou broeiduiwe moet in dieselfde of selfs beter kondisie as jou vliegspan wees. Anders het jy hulle afgeskeep en sal jy ongelukkig die vrot vrugte pluk…

Tussen rondtes kuikens is dit baie keer wenslik om bietjie kanker of koksidiose behandeling te doen. Ons is egter baie versigtig om medikasie toe te dien aan duiwe wat kuikens voer. Indien daar egter ‘n probleem in die hok is behandel eerder as wat jy met sieklike kuikens sit.

Sorg dat jou PMV entings op datum is – ons verkies om dit nie te naby aan die broeiseisoen te doen nie.

2. Te veel Broeiduiwe

Baie duiweboere is gaarders. Ons is geneig om te dink dat hoe meer duiwe kombinasies ons mee teel, hoe beter is die kans om wenners te teel. So bietjie van ‘n ‘Liquorice Allsorts” of “Shotgun” benadering. Skiet in die bondel en kyk wat val…

Die praktiese uitvloeisel van hierdie benadering is die volgende:

– Jy teel dalk een stel babas uit ‘n broeipaar. Hoe toets jy die vermoe van ‘n paar duiwe met slegs twee kuikens? Jy kan nie. As jy darem 6 babas teel kan jy ‘n redelike gevolgtrekking oor die paar maak. Onthou dat van die beste hokke nie eers by ‘n 10% goeie duiwe in die vlieghok uitkom nie. So in praktyk beteken dit as jy 50 babas teel is daar dalk (as jy baie baie gelukkig is) 5 wat regtig bo gemiddeld vlieg. Die res kom ook maar net huistoe.

So as jy te veel duiwe aanhou gaan jy noodwendig te min uit ‘n paar teel en kan nie oortuigend bepaal of die paar nou goed of sleg is nie.

– Oorbevolking. Duiwe is baie territoriaal – hulle soek hulle eie ou plekkie om familie te bou. Daar is altyd die afknouers en dominante duiwe. Indien jy te veel duiwe aanhou sal daar defnitief duiwe wees wat daaronder lei. Hulle sal nie die kuikens mooi kan grootmaak nie en so mors jy eitlik maar jou tyd. Sorg dat jou broeihokke ruim genoeg is sodat elke ouer gemaklik kan vreet en broei. Indien dit nie die geval is nie, verminder jou duiwe. Siektes is ook meer geneig om vastrap plek te kry in hokke met te veel duiwe.

– Jy beweeg sywaarts en nie vorentoe nie. Indien jy te veel verskillende duiwe aanhou is jy nie besig om ‘n familie duiwe te bou nie. ‘n Familie duiwe sal jou in staat stel om volhoubaar goed te doen. Die goue draad kan identifiseer word en dan kan jy daar rondom bou en dit versterk. Met ‘n “Iets van alles” benadering kruis jy voortdurend nuwe genetika in jou hok in en dan weet jy later self nie eers watse bloedlyn die duiwe is nie.

3. Te geduldig

Jy koop daardie “Super” duif teen ‘n lekker stywe bedrag aan. Jou tone krul sommer nou al van die lekkerte. Die ouens gaan darem maar hande klap vir jou volgende jaar…

Jaar 1 teel jy dat die biesies bewe. 8 van daai “supers” sit nou mooi netjies in jou vlieghok. Jy begin hulle padwerk gee en op een van daardie harde tossies is 3 weg. “Bad luck” dink jy. Die ander 5 hou. So gaan jy die seisoen deur en daar is nog 3 oor. Hulle het darem so plekkie of twee gevlieg dink jy. “No too shabby” – kom ek hou hulle vir ope duiwe – dan gaan hulle roer!

Jaar 2 word die pare geruil en jy teel weer met mening vir volgende seisoen. Ongelukkig herhaal die hele proses hom. Geen goeies uit daardie duur duif nie. Maar uithaal – NOOIT. Hy het ‘n moewiese pedigree. Glad nie uithaal nie. Uh uh.

En wat gebeur? Jy sit na ‘n paar jaar met ‘n hele hok van hierdie kamtige “Supers”. En hulle is boggerol werd. Jy het agteruit geboer.

Selekteer streng. Moenie te veel geduld met ‘n duif he en te sentimenteel raak nie. Ons vlieg duiwe – dis ‘n wedvlug, nie ‘n skoonheidskompetisie nie. Die mandjie moet selekteer sodat ons kan verbeter.

4. Hitte, Vog en Goggas

Die grootste deel van die Suid-Afrikaanse broeiseisoen val in die somer. Soos ons almal weet loop hitte, vog en siektes hand aan hand. Dink bietjie terug – jou eerste stel kuikens is gewoonlik pragtig. Die neste is droog en geen swak kuikens nie.

Sodra die somer inskop en so bietjie reen daarmee saam val, begin die probleme in die broeihok. Nat neste. Veerluise. Duiwe vliee.

Die probleem hier is tweeledig.

Eerstens is die meeste broeiduiwe dan besig met hul tweede of derde stel kuikens. Stress speel ‘n rol veral as die voeding nie heeltemal reg was tot dusver nie. Duiwe begin water pomp vir die kuikens wat dan op sy beurt nat neste veroorsaak. Die probleem eskaleer vinnig aangesien vliee baie lief is vir nat neste en hulle eiertjies graag daar gaan le. Ewe skielik lyk die kuikens nie lekker nie. Hierdie tipe kuiken wat die veredos van ‘n volwasse duif het met die bouvorm van ‘n week ou duif. “Squib”

Die tweede deel van die probleem is bloot die feit dat goggas en parasiete floreer in warm vogtige omstandighede. Vliee, veerluise, muskiete ens.

Dit alles veroorsaak minder wenslike omstandighede vir gesonde kuikens teel.

Monitor dus jou span noukeurig. Elimineer eksterne parasiete deur iets met Permethrin gereeld te spuit. Hou dop dat kropkanker en koksidiose nie vatplek kry nie.

5. Nesmateriaal!

Ek is seker nie een van ons wil duiwe teel wat kan “split” nie – jy weet soos ‘n gimnas wydsbeen “split”? Tog gebeur dit gereeld dat daar ‘n kuiken met so identiteitskrisis sy opwagting maak. En die rede hiervoor is meestal neste sonder voldoende nesmateriaal…

Dit is een van die mees basiese goed wat baie keer afgeskeep word.

Die gebrek aan nestmateriaal lei gewoonlik ook dan tot nat neste en op sy beurt siektes en swak kuikens.

Geskikte nesmateriaal is iets soos:
Koring strooi
Denne naalde
Cat litter
ens.

Dit maak nie eintlik saak wat jy gebruik nie – solank dit nie toksies is nie en die vog kan absorbeer, is dit reg.

6. Observasie

Hou jou duiwe dop. Die ouers sowel as die kuikens. Jy sal gou sien as daar honger kuikens is. Of as die ouers begin water pomp. Nat neste moet vermy word. Probeer om die probleem te identifiseer en reg te stel so gou moontlik. ‘n Week se nalatigheid kan ‘n seisoen se sukses belemmer.

7. Voeding

Duiwe wat kuikens voer is nie lief vir mielies nie. Ons gebruik ‘n mengsel wat hoog in proteine is. Babas wat groei het proteine nodig om lekker sterk word. “Pellets” is goed vir broeiduiwe – dit is hoog in proteine en voer boonop maklik.

Ons het gevind dat broeiduiwe wat te veel kos het wat rondle, swakker voer as duiwe wat alles opvreet en dan weer gevoer word. Dus – broeiduiwe met aptyt vreet beter en voer beter. Maar moet onder geen omstandighede jou broeiduiwe ondervoed nie. Hulle moet genoeg kos kry.

8. Natuurlike immuniteit en vitaliteit

Moenie jou tyd mors met babas wat gepamperlang wil word nie. Daardie swakkes wat lyk of hulle hulself jammer kry – sal nooit ‘n kampioen word nie – teel eerder ‘n ander een.

9. Medikasie gedurende die Broeiseisoen

Soos gemeld moet medikasie oordeelkundig gebruik word gedurende die broeiseisoen. Jy wil babas so natuurlik moontlik grootmaak. Indien daar wel ‘n probleem opduik sal jy moet ingryp voor die kuikens skade opdoen. Doen dit egter oordeelkundig! Bly weg van antibiotika sover dit moontlik is.

10. Speen van Jonges

Speen jou jonges op ‘n ouderdom wat hulle self kan vreet maar nie te sterk is nie. Dit sal hulle in staat stel om vinnig in die vlieghok aan te pas en nie ‘n knou te kry nie. Jonges wat te sterk gespeen word is geneig om makliker weg te raak om die hok.

Maak seker dat jou jonges nie gespeen word sonder om hulle teen PMV (Paramyxo Virus) te ent nie. Dit is een van die mees kritiese dinge wat gedoen MOET word.

Jonges moet so spoedig moontlik buite die vlieghok begin rondloop sodat hulle kan leer hoe lyk hulle omgewing.

NEW COMERS, News

Primary Sidebar

Latest bids

DateAuctionUsernameBidStatus
1st July 2026 22:21LOT 53 BOTHA LOFTS AUCTION 2 – ZA 25 TURFPET 2256 -SIRE: 1033 MOUN 2023 .Alias “FIRE HAWK” Strain: MOUNTAIN LOFTS GOLD. SIRE IS Alias “GREIPEL STAR” Strain: DIRK VAN DEN BULCK KITTEL Color: RED CHEQ Bred from BELG 19 4213803 ‘SUPER SON GREIPEL’- direct son of ‘GREIPEL’ – 6th Nat Ace 2013 out of ‘GOEDE RODE’ x’ OLYMPIC ROSITA’ and mother BELG 17 4231168 ‘SISTER SUPER 37 KITTEL – Imported by MOUNTAIN LOFTS.———–DAM:5193 MPHU 2023.Strain: Kitchenbrand 03 Mortimers Color: BLUE BAR W/FLIGHT Bred from ZA TRPF 2362 21 X ZA TRPF 10595 18 ‘VIETNAM’ ( 03 ) X MORTIMER strain of KITCHENBRAND’S LOFT.SEE PEDIGREE!!!sardienR1,500Current bid: R1,500
1st July 2026 22:11.LOT 8 BOTHA LOFTS AUCTION 2 – ZA 16 TRPF 18642 -SUPERIOR L/DIST. RACER AND BREEDER. BRED 2X SANPO SILVER L/DIST. BRED UNION WINNER 2314/20. 17′, 1ST L/DIST BIRD UNION, 2ND COMB.; 4 RICHMOND, 14 CRADOCK;16 CRADOCK; 22 LEEU-GAMKA; 29 COLESBERG. BRED 2314/20 2X SANPO SILVER L/DIST. FULL BROTHER TO ZA 08226/15 “17: 1’2YO; 3’OVERALL; 3’OPEN, 4’S/DIST.————-SIRE:01594 PWF 14. BREDA VAN SCHOORSIRE TO ZA 08226/15, PWDC: 3’2YO; 2’OVERALL; 2’OPEN, 3’S/DIST. 2ND GPC 7982B BLOEM, 5X TOP 30 COMBINE AND 2ND GPC; AND ZA 18642/16, 1ST L/DIST UNION 2ND PWDC; 4, 14,16 & 22 COMBINE IN SUCCESSION ON L/DIST AS YEAR OLD.————-DAM:04705 PWF 14 BB BREDA VAN SCHOOR DAM TO ZA 08226/15, PWDC: 3’2YO; 2’OVERALL; 2’OPEN, 3’S/DIST. 2ND GPC 7982B BLOEM, 5X TOP 30 COMBINE AND 2ND GPC; AND ZA 18642/16, 1ST L/DIST BIRD UNION, 2ND PWDC; 4, 14,16 & 22 COMBINE IN SUCCESSION ON L/DIST AS YEAR OLD. BRED 850/23 2ND UNION MIDDELBURG. 405/24, BEAUFORT WES UNION WINNER.SEE PEDIGREE!!!sardienR1,500Current bid: R1,500
1st July 2026 21:38LOT 73 BOTHA LOFTS AUCTION 2 – ZA 19 PRPC 4383 -THE BEST FROM BOTHA LOFT! PARENTS SOLD FOR R250K. F/SIS TO 08223, 9X TOP 27 PWDC. BEST BIRD: 1ST 2YO; 3RD OVERALL; 3RD OPEN, 5(4)’S/DISTANCE IN PRETORIA. 11580 AND 11581 BOTH SUPER RACERS. ALL BRED WINNERS.————-SIRE:17708 ZA 14″VEGTER”.SUPER BREEDER AND FOUNDATION PAIR. SOLD FOR R250 000. BRED: 08223/15; 9X TOP 27 PWDC; 1ST 2YO, 3RD OVERALL; 3RD OPEN, 4 S/DIST BIRD; 11580/16; EXCELLENT RACER BRED 2316/20 CRADOCK UNION WINNER BY 22MIN. 11581/16; EXCELLENT RACER BRED 1313/22, GARIEP DAM UNION WINNER. 4195/19, VERKEEERDEVLEI, UNION .———–DAM:03683 ZA OP 14 ZUBIRI BB PUTTERIE / OSWALD SUPER BREEDER AND FOUNDATION PAIR. SOLD FOR R250 000. BRED: 08223/15; 9X TOP 27 PWDC; 1ST 2YO, 3RD OVERALL; 3RD OPEN, 4 S/DIST BIRD; 11580/16; EXCELLENT RACER BRED 2316/20 CRADOCK UNION WINNER BY 22MIN. 11581/16; EXCELLENT RACER BRED 1313/22, GARIEP DAM UNION WINNER. 4195/19, VERKEEERDEVLEI, UNION.SEE PEDIGREE!!!cyrilR3,000Current bid: R3,000
1st July 2026 20:25LOT 14 END JUNE – ZA 22 MID 7406 BCH – BRED OUT OF CLICK PAIR – SIRE: 65841 ZA 08 “THE BEST FOR LAST” . ROCKY/SPRITZY. THIS IS THE THAT IS GOING TO BREED WINNERS. THIS IS THE CLICK COCK OF PIETER VAN ZYL.—–DAM: 1179 11 ZA “CLICK HEN 16 X WINNER). ROCKY / SPRITZY. 16 X WINNER. 2 X UNION WINNER. BRED 3 SONS THAT WERE BEST BIRD IN UNION. DAUGHTER 0753 WON UNION AND SALES RACE AND WINNING R128 000.00. PIETER VAN ZYL’S NR 1 BREEDING HEN. SEE PEDIGREE!!!macflyR1,500Winning Bid: R1,500
1st July 2026 20:13.LOT 8 END JUNE – ZA 21 41641 CHWF – BRED OUT OF THE CLICK PAIR — SIRE: 65841 ZA 08 “THE BEST FOR LAST” . ROCKY/SPRITZY. THIS IS THE THAT IS GOING TO BREED WINNERS. THIS IS THE CLICK COCK OF PIETER VAN ZYL.—–DAM: 1179 11 ZA “CLICK HEN 16 X WINNER). ROCKY / SPRITZY. 16 X WINNER. 2 X UNION WINNER. BRED 3 SONS THAT WERE BEST BIRD IN UNION. DAUGHTER 0753 WON UNION AND SALES RACE AND WINNING R128 000.00. PIETER VAN ZYL’S NR 1 BREEDING HEN. SEE PEDIGREE!!!macflyR1,500Winning Bid: R1,500
1st July 2026 20:12LOT 25 BOTHA LOFTS AUCTION 2 – ZA 25 CRU 4193 – F/BRO AND F/SIS MATING. BRO AND SIS TO “FIVE STAR” AFRIKAPRO GREEN JACKET WINNER FOR ALWYN BESTER. WON R1 000 000. BRED FROM DIRK VAN DEN BULCKS KITTEL AND THE FAMOUS 810 SABLON COCK LINES.————–SIRE:ZA 21 ABL 425 . ALWYN BESTER. THIS IS A FULL BROTHER TO FIVE STAR THAT WON THE GREEN JACKET AFRIKAPRO 2023 WINNING $50 000.00. BRED OUT OF THE BEST OF ALWYN BESTER.—–——DAM:424 ABL 21 RED ALWYN BESTER F/SIS TO “FIVE STAR” AFRIKAPRO GREEN JACKET WINNER FOR ALWYN BESTER. WON R1 000 000. BRED FROM DIRK VAN DEN BULCKS KITTEL AND THE FAMOUS 810 SABLON COCK LINES.SEE PEDIGREE!!!!aneeskathradaR4,000Current bid: R4,000
1st July 2026 20:05LOT 10 BOTHA LOFTS AUCTION 2 – ZA 21 ABL 426 -“CLICK COCK TO LOT 11” —–EXCELLENT GENETICS OF KITTEL AND CONCORDE FROM ALWYN BESTER. BRED 3RD MARLBANK FINAL 25′, 2028/24, WON R100 000 FOR BOTHA LOFT. BRED 96/22 2ND UNION JAMESTOWN. 2422/24 2ND UNION HANOVER.———SIRE: 1418133 NLD 19 . Alias “BENTLEY” Strain: Dirk Van Den Bulck Color: RED Sire is full brother to Legend KITTEL and his dam is daughter to full brother KITTEL. Sire bred: 5th Vervins 1052 pigeons 5th Pithiviers 1890 pigeons 30th NPO 527km 6699 pigeons 8th Gien 1725 pigeons 12th NPO 559km 5615 pigeons.——–DAM:9184 PRPC 19 BBP ALWYN BESTER FULL SISTER TO GOLDEN STAR, 6TH AVERAGES DERBY ARONA 2017. BRED FROM SIRE TO CONCORDE TO F/SIS OF CONCORDE DAM.SEE PEDIGREE!!!!aneeskathradaR5,000Current bid: R5,000
1st July 2026 20:05LOT 10 BOTHA LOFTS AUCTION 2 – ZA 21 ABL 426 -“CLICK COCK TO LOT 11” —–EXCELLENT GENETICS OF KITTEL AND CONCORDE FROM ALWYN BESTER. BRED 3RD MARLBANK FINAL 25′, 2028/24, WON R100 000 FOR BOTHA LOFT. BRED 96/22 2ND UNION JAMESTOWN. 2422/24 2ND UNION HANOVER.———SIRE: 1418133 NLD 19 . Alias “BENTLEY” Strain: Dirk Van Den Bulck Color: RED Sire is full brother to Legend KITTEL and his dam is daughter to full brother KITTEL. Sire bred: 5th Vervins 1052 pigeons 5th Pithiviers 1890 pigeons 30th NPO 527km 6699 pigeons 8th Gien 1725 pigeons 12th NPO 559km 5615 pigeons.——–DAM:9184 PRPC 19 BBP ALWYN BESTER FULL SISTER TO GOLDEN STAR, 6TH AVERAGES DERBY ARONA 2017. BRED FROM SIRE TO CONCORDE TO F/SIS OF CONCORDE DAM.SEE PEDIGREE!!!!lmgR4,500Current bid: R5,000
1st July 2026 19:59.LOT 1 END JUNE – ZA 21 ABL 497 -BRED BY ALWYN BESTER—-Bred from full brother to sister mating. 71914 bred my Crusaders Breeders stakes winner in 2021——–SIRE:71914 ZA 15 BORDER.Strain: Tom Lock/Twilight/Wouter Color: Blue Bar W/F His father is an absolute super handling Tom Lock cock bred by Juan Breytenbach out of a full sister and brother mating back to the R100 000 super pair. His mother is bred from the very best of Gavin Rous..—————DAM:3384 ZA 15 BORDER.Strain: Tom Lock/ Twilight/Wouter Color: Blue Bar Her father is an absolute super handler Tom Lock cock bred by Juan Breytenbach out of a full sister and brother mating, back to the R100 000 Super pair. Her dam is bred by Gavin Rous, out of his super Gold Medal line..SEE PEDIGREE!!!!johanbekkerR3,500Winning Bid: R3,500
1st July 2026 19:59.LOT 1 END JUNE – ZA 21 ABL 497 -BRED BY ALWYN BESTER—-Bred from full brother to sister mating. 71914 bred my Crusaders Breeders stakes winner in 2021——–SIRE:71914 ZA 15 BORDER.Strain: Tom Lock/Twilight/Wouter Color: Blue Bar W/F His father is an absolute super handling Tom Lock cock bred by Juan Breytenbach out of a full sister and brother mating back to the R100 000 super pair. His mother is bred from the very best of Gavin Rous..—————DAM:3384 ZA 15 BORDER.Strain: Tom Lock/ Twilight/Wouter Color: Blue Bar Her father is an absolute super handler Tom Lock cock bred by Juan Breytenbach out of a full sister and brother mating, back to the R100 000 Super pair. Her dam is bred by Gavin Rous, out of his super Gold Medal line..SEE PEDIGREE!!!!reebaR3,000Winning Bid: R3,500
1st July 2026 19:56.LOT 3 END JUNE – 4353 ZA 19 HEN – Bred for Stock Diaz Cock mated to his Mother – SIRE: 53808 ZA 14 DIAZ COCK 1. Diaz Ace Pigeon 2015 3. Acebird Pigeon Velocity 4. Main Race 635 km Sired = BBP ZA 111458/18 Border Homing Union Winner Dam of 1. Dinokeng Main Race 2021 – DAM: 41070 ZA 12 ROUS HEN De Rauw Sablon x Tom Lock Super Racer & Breeder 3rd Diaz Greytow 635 km 2013 Scored 2,3,9,15,20 & 23 in 10 races Dam = 1st Diaz Ace Pigeon 2015 Dam = Blue Hen ZA 16 – 2556 1. ELNFC Ixopo 380 km 1101johanbekkerR1,500Winning Bid: R1,500
1st July 2026 19:52.LOT 1 END JUNE – ZA 21 ABL 497 -BRED BY ALWYN BESTER—-Bred from full brother to sister mating. 71914 bred my Crusaders Breeders stakes winner in 2021——–SIRE:71914 ZA 15 BORDER.Strain: Tom Lock/Twilight/Wouter Color: Blue Bar W/F His father is an absolute super handling Tom Lock cock bred by Juan Breytenbach out of a full sister and brother mating back to the R100 000 super pair. His mother is bred from the very best of Gavin Rous..—————DAM:3384 ZA 15 BORDER.Strain: Tom Lock/ Twilight/Wouter Color: Blue Bar Her father is an absolute super handler Tom Lock cock bred by Juan Breytenbach out of a full sister and brother mating, back to the R100 000 Super pair. Her dam is bred by Gavin Rous, out of his super Gold Medal line..SEE PEDIGREE!!!!johanbekkerR2,500Winning Bid: R3,500
1st July 2026 19:52.LOT 1 END JUNE – ZA 21 ABL 497 -BRED BY ALWYN BESTER—-Bred from full brother to sister mating. 71914 bred my Crusaders Breeders stakes winner in 2021——–SIRE:71914 ZA 15 BORDER.Strain: Tom Lock/Twilight/Wouter Color: Blue Bar W/F His father is an absolute super handling Tom Lock cock bred by Juan Breytenbach out of a full sister and brother mating back to the R100 000 super pair. His mother is bred from the very best of Gavin Rous..—————DAM:3384 ZA 15 BORDER.Strain: Tom Lock/ Twilight/Wouter Color: Blue Bar Her father is an absolute super handler Tom Lock cock bred by Juan Breytenbach out of a full sister and brother mating, back to the R100 000 Super pair. Her dam is bred by Gavin Rous, out of his super Gold Medal line..SEE PEDIGREE!!!!bertram-mR2,000Winning Bid: R3,500
1st July 2026 19:23.LOT 1 END JUNE – ZA 21 ABL 497 -BRED BY ALWYN BESTER—-Bred from full brother to sister mating. 71914 bred my Crusaders Breeders stakes winner in 2021——–SIRE:71914 ZA 15 BORDER.Strain: Tom Lock/Twilight/Wouter Color: Blue Bar W/F His father is an absolute super handling Tom Lock cock bred by Juan Breytenbach out of a full sister and brother mating back to the R100 000 super pair. His mother is bred from the very best of Gavin Rous..—————DAM:3384 ZA 15 BORDER.Strain: Tom Lock/ Twilight/Wouter Color: Blue Bar Her father is an absolute super handler Tom Lock cock bred by Juan Breytenbach out of a full sister and brother mating, back to the R100 000 Super pair. Her dam is bred by Gavin Rous, out of his super Gold Medal line..SEE PEDIGREE!!!!ragnarR1,500Winning Bid: R3,500
1st July 2026 18:56LOT 11 BOTHA LOFTS AUCTION 2 – ZA 19 PRPC 9419 -“CLICK HEN TO LOT 10”——EXCELLENT RACER AND BREEDER. BLOEM 1, WINNER, 3RD BEST OPEN BIRD, 4TH OVERALL PWDU. BRED 3RD MARLBANK FINAL 25′; 2028/24 – WON R100K. SISTER 55/23 BRED “LADY GAGGA” DINOKENG BAR-ZA-LONA EQUAL WINNER. BRED 96/22 2ND UNION JAMESTOWN, 2422/24 2ND UNION HANOVE, 2ND UNION VENTERSBURG. NEST MATE 9422/19; 2ND UNION WINBURG; 2ND UNION SPRINGFONTEIN. BRED 44/23, WON 4X BABY RACES. ————-SIRE:02835 ZA 16.CONCORDE`S BROTHER. ALWYN BESTER.FULL BROTHER TO ZA 9981/13 SANPO GOLD MEDAL OVERALL 2015. BRED WINNERS. 8982/20 1ST UNION SMITHFIELD, 2ND GAUTENG COMBINE. 6TH UNION JAMESTOWN; 9419/19 BLOEMFONTEIN 1, WINNER, 3RD BEST OPEN BIRD, 4TH OVERALL PWDU; 9422/19; 2ND UNION WINBURG; 2ND UNION SPRINGFONTEIN. ————DAM:9119 PRPC 19 BLK ALWYN BESTER EXCELLENT BREEDER. BRED 9419/19 BLOEMFONTEIN 1, WINNER, 447KM, 1124 VEL. 3RD BEST OPEN BIRD, 4TH OVERALL PWDU; NEST MATE 9422/19; 2ND UNION WINBURG; 344KM, 1410 VEL.; 2ND UNION SPRINGFONTEIN; 573KM, 1405 VEL. 1206/21, 2ND M/DIST UNION.SEE PEDIGREE!!!!andrebothalive-co-zaR11,000Current bid: R11,500
1st July 2026 18:56LOT 11 BOTHA LOFTS AUCTION 2 – ZA 19 PRPC 9419 -“CLICK HEN TO LOT 10”——EXCELLENT RACER AND BREEDER. BLOEM 1, WINNER, 3RD BEST OPEN BIRD, 4TH OVERALL PWDU. BRED 3RD MARLBANK FINAL 25′; 2028/24 – WON R100K. SISTER 55/23 BRED “LADY GAGGA” DINOKENG BAR-ZA-LONA EQUAL WINNER. BRED 96/22 2ND UNION JAMESTOWN, 2422/24 2ND UNION HANOVE, 2ND UNION VENTERSBURG. NEST MATE 9422/19; 2ND UNION WINBURG; 2ND UNION SPRINGFONTEIN. BRED 44/23, WON 4X BABY RACES. ————-SIRE:02835 ZA 16.CONCORDE`S BROTHER. ALWYN BESTER.FULL BROTHER TO ZA 9981/13 SANPO GOLD MEDAL OVERALL 2015. BRED WINNERS. 8982/20 1ST UNION SMITHFIELD, 2ND GAUTENG COMBINE. 6TH UNION JAMESTOWN; 9419/19 BLOEMFONTEIN 1, WINNER, 3RD BEST OPEN BIRD, 4TH OVERALL PWDU; 9422/19; 2ND UNION WINBURG; 2ND UNION SPRINGFONTEIN. ————DAM:9119 PRPC 19 BLK ALWYN BESTER EXCELLENT BREEDER. BRED 9419/19 BLOEMFONTEIN 1, WINNER, 447KM, 1124 VEL. 3RD BEST OPEN BIRD, 4TH OVERALL PWDU; NEST MATE 9422/19; 2ND UNION WINBURG; 344KM, 1410 VEL.; 2ND UNION SPRINGFONTEIN; 573KM, 1405 VEL. 1206/21, 2ND M/DIST UNION.SEE PEDIGREE!!!!aneeskathradaR11,500Current bid: R11,500
1st July 2026 18:44LOT 34 BOTHA LOFTS AUCTION 2 – ZA 18 82529 -7X TOP 23 PWDC. UNION WINNER. 2ND YB AND 7TH OVERALL PWDC ’19. 1ST OVERALL 1ST YB POINTS+COEF. 1ST SHORT, 2ND MIDDLE COEF. CRUSADERS. 1 COLESBERG, 6 BLOEMFONTEIN, 14 SMITHFIELD, 15 SPRINGFONTEIN, 22 COLESBERG, 22 WINBURG, 23 DEWETSDORP PWDC 19′. HALF/B DINOKENG19′ BLOEMFONTEIN 1ST.————-SIRE:10526 ZA 16. DEAN JOOSTE.DEAN JOOSTE “EGGS” GIFT. EXCELLENT BREEDER. BRED 82529/18. UNION WINNER. 7X TOP 23 PWDC. 2ND YB PWDC ’19. 1ST OVERALL 1ST YB POINTS & COEF. 1ST SHORT, 2ND MIDDLE COEF. CRUSADERS. BRED “MINDY” BOTHA 70/22, 4TH DINOKENG BAR-ZA-LONA (EQUAL 1ST) AND 3RD BIG MONEY RACE. WON R70 000.1240/21 UNION WINNER,———–DAM:06616 ZA 15 BCP Du Preez&Deetlefs BOUGHT FROM DU PREEZ & DEETLEFS. BRED “FURIOUS”, 2019 DINOKENG, BLOEMFONTEIN 1 WINNER. BRED 82529/18 UNION WINNER,1ST OVERALL POINTS AND COEF., 1ST YB POINTS AND COEF., 1ST SHORT COEF., 2ND MIDDLE COEF. IN CRUSADERS. 2ND YB 19′ PWDC. 24509/17 VILLIERIA 18′ BS WINNER R45K. 1240/21 UNION WINNER.SEE PEDIGREE!!!!leonvvR1,000Current bid: R1,000
1st July 2026 18:40LOT 14 END JUNE – ZA 22 MID 7406 BCH – BRED OUT OF CLICK PAIR – SIRE: 65841 ZA 08 “THE BEST FOR LAST” . ROCKY/SPRITZY. THIS IS THE THAT IS GOING TO BREED WINNERS. THIS IS THE CLICK COCK OF PIETER VAN ZYL.—–DAM: 1179 11 ZA “CLICK HEN 16 X WINNER). ROCKY / SPRITZY. 16 X WINNER. 2 X UNION WINNER. BRED 3 SONS THAT WERE BEST BIRD IN UNION. DAUGHTER 0753 WON UNION AND SALES RACE AND WINNING R128 000.00. PIETER VAN ZYL’S NR 1 BREEDING HEN. SEE PEDIGREE!!!beenbekR1,000Winning Bid: R1,500
1st July 2026 18:39.LOT 8 END JUNE – ZA 21 41641 CHWF – BRED OUT OF THE CLICK PAIR — SIRE: 65841 ZA 08 “THE BEST FOR LAST” . ROCKY/SPRITZY. THIS IS THE THAT IS GOING TO BREED WINNERS. THIS IS THE CLICK COCK OF PIETER VAN ZYL.—–DAM: 1179 11 ZA “CLICK HEN 16 X WINNER). ROCKY / SPRITZY. 16 X WINNER. 2 X UNION WINNER. BRED 3 SONS THAT WERE BEST BIRD IN UNION. DAUGHTER 0753 WON UNION AND SALES RACE AND WINNING R128 000.00. PIETER VAN ZYL’S NR 1 BREEDING HEN. SEE PEDIGREE!!!beenbekR1,000Winning Bid: R1,500
1st July 2026 18:36.LOT 7 BOTHA LOFTS AUCTION 2 – ZA 18 82528 -F/SIS TO 82529, 7X TOP 23 PWDC. UNION WINNER. 2ND YB AND 7TH OVERALL PWDC ’19. 1ST OVERALL 1ST YB POINTS+COEF. 1ST SHORT, 2ND MIDDLE COEF. CRUSADERS. 1 COLESBERG, 6 BLOEMFONTEIN, 14 SMITHFIELD, 15 SPRINGFONTEIN, 22 COLESBERG, 22 WINBURG, 23 DEWETSDORP PWDC 19′. HALF/B DINOKENG19′ BLOEMFONTEIN 1ST.————-SIRE:10526 ZA 16.DEAN JOOSTE.DEAN JOOSTE “EGGS” GIFT. EXCELLENT BREEDER. BRED 82529/18. UNION WINNER. 7X TOP 23 PWDC. 2ND YB PWDC ’19. 1ST OVERALL 1ST YB POINTS & COEF. 1ST SHORT, 2ND MIDDLE COEF. CRUSADERS. BRED “MINDY” BOTHA 70/22, 4TH DINOKENG BAR-ZA-LONA (EQUAL 1ST) AND 3RD BIG MONEY RACE. WON R70 000.1240/21 UNION WINNER,————-DAM:06616 ZA 15 BCP Du Preez&Deetlefs BOUGHT FROM DU PREEZ & DEETLEFS. BRED “FURIOUS”, 2019 DINOKENG, BLOEMFONTEIN 1 WINNER. BRED 82529/18 UNION WINNER,1ST OVERALL POINTS AND COEF., 1ST YB POINTS AND COEF., 1ST SHORT COEF., 2ND MIDDLE COEF. IN CRUSADERS. 2ND YB 19′ PWDC. 24509/17 VILLIERIA 18′ BS WINNER R45K. 1240/21 UNION WINNER, 2X 2.SEE PEDIGREE!!!!leonvvR1,000Current bid: R1,000

© 2026 Top Pigeon · Auction functionality by Full Stop Communications · Hosted by Rackzar