• Skip to primary navigation
  • Skip to main content
  • Skip to primary sidebar

Top Pigeon

Racing pigeon auctions in SA and abroad

  • Home
  • Auctions
    • Active Auctions
    • Upcoming Auctions
    • Past Auctions
    • Auction Rules
  • Your Latest Bid and Watch List
  • Top News
  • Search
  • Login
  • Register
  • Contact

Waaroor jy moet beskik, en wat jy behoort te doen om ‘n kampioen te wees. Hannes Grove.

Keep Walking · Apr 6, 2020 ·

Met erkenning aan: HANNES GROVE.

 

 

 

 

Praatjie voorberei vir Kosmos duiweklub Unie Royal Challenge veiling 2018

http://www.grovelofts.co.za

Inleiding

Dankie vir die geleentheid
Die wat ons ken sal weet dat ons nie te koop loop met ons prestasies nie – ‘n Ou is net so goed soos jou laaste wedvlug/seisoen

Ek deel graag my ondervinding met julle oor wat ou moet doen om kampioen te word.

In my opinie is dit ‘n legkaart met verskillende stukke wat deel uitmaak van die groter sukses prentjie. As daar ‘n stukkie kort gaan die sukses ontbreek.

Ons het in 2009 in Gauteng begin duiwe vlieg. Die eerste twee jaar het ons skaars die sheet gemaak. Die eerste vraag wat gewoonlik opduik as ou swak vlieg is mos:

Watse muti gebruik die kampioene??? Hy gebruik iets onwettig. Ek sal nooit teen hom kan kompeteer nie.

Gelukkig het mede klublede ons gehelp met beter duiwe en Peet Hartman het ‘n groot bydra gelewer om ons “mindset” te verander. Sy motto is “Keep it simple.” Moeilik om te glo op sigwaarde maar die waarheid. Duiweboere is geneig om die sport onnodig te kompliseer.

Hierna het dit beter begin gaan.

Prestasie agtergrond – afgelope 7 jaar

• 4x Unie jongduif kampioen (2011-2014) – rekord staan steeds
• Unie kampioen (2014)
• Tweede unie punte (2013)
• 2x Unie all bird punte kampioen (2013/2014)
• 14 Unie wenne – 60+ klub wenne

VRAAG: Waaroor jy moet beskik, en wat jy behoort te doen om ‘n kampioen te wees…?

Ek dink ons almal is al moeg vir die cliches soos die volgende:
“Good pigeons”
“Regte hok en ventilasie”
“Regte voeding”
“Gesonde duiwe”
ens. ens.

Hierdie onderwerpe is al baie behandel en genoeg literatuur is beskikbaar wat elkeen in detail bespreek. Ek gaan julle dus nie hiermee verveel nie.

Kom ons praat eerder oor dinge wat jy moet reg doen en dinge wat jy nie moet doen as jy kampioen wil wees.

365 dae ‘n jaar

Jy kan nie 6 weke voor die eerste wedvlug skielike regop spring en paniekbevange na die bottel Furasol en Emtryl gryp nie.

Duiwe verlang aandag en versorging die hele jaar deur. Elke kampioen wat ek al besoek het sorg vir hulle duiwe 365 dae ‘n jaar. Die wedvlugte word in die nespanne gewen. Swak kuikens sal nie kers vashou by die top duiweboer se duiwe nie.

Score in al die wedvlugte

Om punte kampioen te word moet jy punte maak in elke vlug wat gevlieg word. Die top manne score in elke wedvlug. Dit is nie nodig om elke week te wen nie maar die scoreboard moet bly rol. Daar is nie genade vir jou as jy ‘n wedvlug mis nie. Die punte wat so verlore gaan word baie moeilik weer opgemaak.

Bankers

Die maklikste manier om nie die sheet te mis nie is om bankers te he. Hierdie is duiwe wat jy laai met vertroue dat hulle gaan score. Bankers is nie noodwending altyd eerste terug by die hok nie maar hulle is ook nie ver agter die eerstes nie. Dit is daardie duiwe wat altyd plekke vlieg en punte maak. Die “Toyota’s” van die duiwesport.

Dit is egter baie maklik om te se jy moet bankers he maar waar en hoe kry ou hulle? Seleksie. Punt. Selekteer in jou broeihok rondom die duiwe wat kuikens teel wat konstant presteer. Die uitskieter unie wenner is vir ons minder werd as die duif wat weekliks sy kant bring maar nog nie ‘n race kon wen nie. Dit is hulle wat die punte trofee huistoe bring.

Gewig!

In my opinie is swaar duiwe die meeste duiweboere se probleem op die kortpad. Al daardie binnevet van lekker vreet in die verveer. Dan voer pa nog alte lekker in die wedvlugseisoen ook. Jy kan maar die uitslae dophou – die swaar voerders met swaar duiwe vlieg gewoonlik goeie plekke as dit ‘n verskriklike moeilike vlug is. Gewone mooiweer vlugte sukkel hulle om voor te klok.

Waak daarteen om jou duiwe te swaar te laat word in die verveer. Probeer hul gewig afkry deur oefening en jou kosmengsels aan te pas. Ons sit tot 50% sonneblom by op die kortpad om die gewig te probeer reg hou. Jou metode van voeding speel ook ‘n groot rol. Op die kortpad voer ons tot die 4de duif gaan water drink – dan het hul genoeg gehad. Dit is ook belangrik dat jou voeding en oefening in balans is. As jy baie padwerk gee sal jy swaarder moet voer om in die energie behoefte te voorsien.

Pasop om nie uitgehongerde duiwe te vlieg nie – jou seisoen kan baie vinnig tot ‘n einde kom as daar ‘n paar tawwe vlugte is. Daar is ‘n lang seisoen voor en mens moenie die duiwe uitbrand deur ondervoeding nie.

Hou jou ore op die grond.

Luister wat die top manne gesels. Deur te luister kan jy waardevolle inligting bymekaar maak.

Voorbeeld 1: Watter siektes is in omloop?

Dit is ongelukkig die realiteit van ons sport dat as een duiweboer ‘n siekte in sy hok opdoen is die kans goed dat dit deur ander hokke gaan versprei. Die kampioen onderskei homself hierin dat hy vroegtydig so ‘n siekte kan identifiseer en stappe kan neem om die impak te minimaliseer of selfs heeltemal te vermy. Luister fyn en lees tussen die lyne. Die kampioen gaan punte maak want hy kon pro-aktief optree deur te luister.

Voorbeeld 2: Watter bloedlyne presteer?

Indien ‘n kampioen wil kampioen bly moet hy aanhou streef na beter duiwe. Duiwe wat sy hok sal verbeter. Waardevolle inligting rondom watter rasse presteer kan gratis bymekaar gemaak word deur bloot te luister na wat die manne gesels om die braaivleis vure.

Moenie jou ore uitleen nie

Die top duiweboere leen nie hulle ore uit nie. Hulle is konsekwent in dit wat hulle doen. Die reseppies wat om die braaivleis vure gedeel word is nie iets wat hulle die volgende dag gaan probeer nie. Menige duiweboer sink hulself weekliks deur te spring van Piet dan Paul en dan Koos se raad. Dit werk nie! ‘n “Flash in the pan” miskien maar nie volhoubare uitslae nie.

Vriende in die sport

Die kampioen duiweboere het almal ‘n netwerk vriende in die sport. Niemand weet alles nie en dit is goed om jou idees te toets met ander duiweboere. Baie keer mis jy die detail en ‘n ander se siening maak dat dinge sin maak. Veral as die duiwe nie presteer soos jy wil he nie, is dit goed om jou duiwe vriende se opinies te vra – hulle tel gewoonlik iets op wat jy heeltemal mis gekyk het.

Observeer

Duiwe vertel jou ‘n storie. Jy kan baie uitwerk deur bloot te let op jou duiwe se optrede en kondisie.

Lyk hulle lewendig of tam? Blink die vere? As hulle vreet – is daar eetlus. Dalk te veel eetlus – honger. Watter sade vreet hulle eerste?

Trek hulle lang nekke en sukkel om te sluk – kanker? – swamme?. Hoe lyk die droppings / mis? Pap – iets nie reg. Grootte van mis bolletjies – te groot dan voer jy te swaar.

As jy ‘n bad uitsit – bad hulle? Gesonde duiwe bad behalwe as die weer vreeslik sleg is.

Kroppe in die oggend. Moet leeg wees – anders probleem! Vere moet sag wees.

As hul terugkeer van vlug – Tippy toes. Dalk nie genoeg water gedrink nie – sit jy dalk iets bitter in die water dat duiwe te min drink en dehidreer. Dalk mineraal/sout tekort wat krampe veroorsaak?

Kop skud as hul terugkom (dalk asemhaling probleem of bloot stowwerige dag? Of dalk het jy kanker pilletjie gegee?).

Moenie oorreageer en onnodig foute soek nie – bly kalm

Dinge gaan nie altyd reg loop nie. Daar gaan iewers ‘n probleem opduik wat jy sal moet aanspreek. Dit help egter nie jy gaan haal die bobbejaan agter die bult nie!

Sommige vlugte gaan jy nie voor klok nie. Dit beteken nie daar is fout met jou duiwe en dat jy onmiddelik muti moet gooi nie. Lees die vlug. Observeer. Besluit dan of daar fout is aldan nie. Blindelingse behandeling na ‘n swak vlug doen gewoonlik meer skade as goed.

Bly kalm. Praat met jou vriende en besluit dan wat jy gaan doen.

Moenie te hard probeer nie – “less is more”

Dit help nie jy ruil die water 3 keer per dag om net al die verskillende muties deur die duiwe se stelsel te probeer kry nie. Keep it simple. Moenie die arme duiwe bombardeer met al die goed bemarkte duiwe middels nie. Die meeste van die tyd het hulle net skoon water nodig.

Ons is geneig om te dink die wen le in die bottel. As jou duiwe se gesondheid nie reg is nie, dan sal medikasie help. Anders gaan dit niks help nie. Jy troos jouself dat jy iets gegee het maar die arme duiwe baat nie noodwendig daarby nie. Jy is besig om hulle immuniteit te verswak en hul organe onder druk te sit.

Antibiotika wat onverskillig toegedien word veroorsaak dat die organismes weerstand daarteen opbou en so raak dit al moeiliker om die organismes te beheer. Sterker en sterker antibiotika moet gebruik word en so skep ons vir onself ‘n groot probleem. Die goeie bakteriee word gewoonlik saam met die slegtes gedood wat beteken die duif se spysvertering stelsel balans word versteur. Boonop moet die organe al die stowwe uitskei wat moontlike skade kan veroorsaak.

Dus moet jy slegs medikeer as daar fout is. Die beste is om veearts opinie te kry as jy vermoed daar skort iets. Blindelingse behandeling kan dalk die teiken mis en meer skade veroorsaak. Soos vroeer gese – hou jou oor op die grond – baie keer is die siekte reeds in omloop en die oplossing is voor-die-hand-liggend.

Beplan

Beplan jou seisoen vooraf. Watse kos gaan jy gebruik? Hoe lyk jou oefenprogram? Hoe groot gaan jou span wees – is dit genoeg om die wa deur die drif te trek? Dit help nie jy vlieg jou duiwe weekliks en dan as die harder vlugte kom val jou vere uit nie. Oordeelkundige vlieg van duiwe help dat jy die hele seisoen kan kompeteer met ‘n kleiner span duiwe.

Sommige duiweboere fokus op die kortpad. Hulle duiwe is dus al op vorm twee weke voor die eerste wedvlug. Hierdie duiwe se vorm gaan nie die hele seisoen hou nie en dit gaan moeilik wees om die punte te wen. Beplan dus rondom wat jou fokus is en wanneer jou duiwe op hul beste moet wees.

Kweek leiers nie volgers nie

Duiwe is groep diere. Hulle verkies om saam met mekaar te vlieg eerder as op hul eie. Die rigting waarheen hulle vlieg word bepaal deur die leier van die pak. As daardie leier van die pak jou duif is, is die kans mos beter dat die pak in jou hok se rigting sal vlieg!

Dus moet jy leiers probeer kweek. Duiwe wat die voortou kan neem. Dit is makliker gese as gedaan. Ek dink genetika speel ‘n groot rol hier – jy kan tog nie verwag dat die vetste seun in die skool die 100 meter moet wen nie. Dus is die regte genetika duif die belangrikste.

Hierna kan jy probeer om leiers te kweek deur:
1. So gou as moontlik nadat padwerk begin het die duiwe mandjie mandjie loslaat. Dus in plaas van een duif wat die pak huistoe neem word daar nou onmiddelik 5 of meer duiwe gedwing om te dink en die pak te lei huistoe.

2. Die duiwe gereeld in groepies van 5 of minder los te laat. Presies dieselfde beginsel geld – duiwe word gedwing om te dink en self die pad huistoe te kry. Ek los nooit duiwe 1-1 nie. Daar is nie vir my voordeel daaraan nie aangesien die duif maar so op sy eie huistoe ploeter sonder om deur ‘n maat of maats te race. Koers kies onder kompetisie/druk is meer werd.

3. Selekteer streng. Kap die stert af want dit hou die kop terug. Het jy al gesien hoe ‘n pak omdraai vir een agter-vlieer? Of hoe een duif jou hele pak terug trek hok toe as hulle moet oefen? Raak onstlae van daardie duiwe – hulle jou terug. Slyp jou atlete as ‘n groep saam. Hulle moet leiers wees nie volgers nie. Hoe meer leiers daar is hoe beter is die kans dat jy ‘n duif in die voorste pak gaan he.

Pasop vir proefkonyn wees

‘n Nuwe “wonder” middel kom op die mark en jy dink “hier’s hy nou!”. Wenne by dosyne. Dadelik word jou duiwe daarop gesit en die verwagting is hoog. Maar helaas die uitslae is nie na verwagting nie… Inteendeel dit gaan maar broekskeur.

So paar jaar gelede het ‘n middel van oorsee op die plaaslike mark gekom. Jy sit dit daagliks in die water. 7 dae per week. Dan kry jy nie siektes nie en jou duiwe is in top vorm. Ek het toe die produk getoets in een van my hokke. Saterdag kom daardie duiwe met niks “landing gear” by die huis aan. “Crash landing” na “crash landing”. Die volgende week hou ek hulle toe dop as hulle water drink – die goed is so bitter dat die duiwe skaars water drink. Hulle dehidreer hulself heeltemal en dit is dan die rede dat die voetjies so styf trek.

Nog ‘n voorbeeld is nuwe entstowwe wat nog nie ordentlik in kampioen hokke getoets is nie – ek is versigtig om die proefkonyn te wees. ‘n Paar jaar gelede was daar groot klomp duiweboere wat ‘n stel met entstowwe afgetrap het en so is daardie seisoen van hulle ruineer. Ek wag maar altyd dat die entstof goeie resensies kry voordat ek dit gebruik.

Moenie vir jouself lieg nie

Ons as duiweboere is geneig om verskonings te soek as die prestasies nie na wense is nie. Ons soek oral na hierdie verskonings behalwe in ons eie agterplaas. Die kampioene is eerlik met hulself.

Ek haal vir Peet Hartman (6x unie kampioen) aan: “Saterdag na Saterdag as ek vir my duiwe wag dan sien ek duiwe oor my hok vlieg maar ek klok niks. Ouens agter my klok maar ek klok niks. Is daar ‘n verskoning dat ek nie klok nie? Is dit my hok posisie? Nee. Ek het nie ‘n duif in daardie voorste pak nie – ek moet iets doen om ‘n duif daar te kry.” En dit het Peet gedoen. Daarna was hy 6x unie kampioen.

Verskonings is volop. Die punt is as iemand in jou area ‘n duif uit die voorste pak kon klok dan moes jy ook kon klok. Punt.

Onthou dat daar baie ander duiweboere is wat dieselfde of selfs meer moeite as jy doen.

Geloof

Laastens. Glo dat jou voorbereiding reg was en dat jy God se seen op jou uitslae kan verwag.

SPREUKE 21:31 “Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE”

NEW COMERS, News

Primary Sidebar

Latest bids

DateAuctionUsernameBidStatus
18th October 2026 10:01ZZ..LOT 146 SAIPR CAPETOWN-Len Knoetze Team3-ZA-2025-NRHU-4714 -SIRE: 11424 QTR 23 An UMM Birka Loft cock and AfrikaPro entry, bred from 430 J&B 22 “Joelex” of Du Preez & Deetlefs and 820 QTR 22 “AFRIKA 820.” Joelex achieved 32nd Race 12 over 480 km against 1,034 pigeons and 43rd Race 8 over 300 km against 1,367 pigeons at AfrikaPro 2023. AFRIKA 820 achieved 9th Race 7 over 240 km against 1,424 pigeons and 30th Race 9 over 330 km against 986 pigeons at AfrikaPro 2023. Both are recorded as parents of offspring achieving 23rd Race 10 over 601 km against 1,728 pigeons and 33rd Race 9 over 480 km against 1,753 pigeons at AfrikaPro 2024.—————DAM: 6069 NRHU 22 A chequer hen bred from WJ Forbes’ No. 1 breeding pair, combining inbred Best Kittel genetics with Stefaan Lambrechts breeding. Her sire, 4130204 BE 19 “Inbred Son BK 204,” is a direct son of Best Kittel, paired to his own daughter 4202402 BE 18, herself bred from Best Kittel paired to his own mother. Her dam is 6108971 BE 19 “Jonge Duif/Vaal,” a Stefaan Lambrechts hen described as a super breeding hen for JJM Lofts.SEE PEDIGREE!!!!holidR2,500Current bid: R3,000
18th October 2026 10:01ZZ..LOT 146 SAIPR CAPETOWN-Len Knoetze Team3-ZA-2025-NRHU-4714 -SIRE: 11424 QTR 23 An UMM Birka Loft cock and AfrikaPro entry, bred from 430 J&B 22 “Joelex” of Du Preez & Deetlefs and 820 QTR 22 “AFRIKA 820.” Joelex achieved 32nd Race 12 over 480 km against 1,034 pigeons and 43rd Race 8 over 300 km against 1,367 pigeons at AfrikaPro 2023. AFRIKA 820 achieved 9th Race 7 over 240 km against 1,424 pigeons and 30th Race 9 over 330 km against 986 pigeons at AfrikaPro 2023. Both are recorded as parents of offspring achieving 23rd Race 10 over 601 km against 1,728 pigeons and 33rd Race 9 over 480 km against 1,753 pigeons at AfrikaPro 2024.—————DAM: 6069 NRHU 22 A chequer hen bred from WJ Forbes’ No. 1 breeding pair, combining inbred Best Kittel genetics with Stefaan Lambrechts breeding. Her sire, 4130204 BE 19 “Inbred Son BK 204,” is a direct son of Best Kittel, paired to his own daughter 4202402 BE 18, herself bred from Best Kittel paired to his own mother. Her dam is 6108971 BE 19 “Jonge Duif/Vaal,” a Stefaan Lambrechts hen described as a super breeding hen for JJM Lofts.SEE PEDIGREE!!!!toppigeonR3,000Current bid: R3,000
18th October 2026 10:01LOT 81 SAIPR CAPETOWN-Albert Lingenfelder-ZA-2025-NRHU-4665 -SIRE: 0086 NRHU 21 Placed 7th Union Leeu-Gamka SP, 330 km. A grandson of BEST KITTEL, bred from 4130267 BE 19 “Son of Best Kittel”, a direct son of 1029362 BE 15 “BEST KITTEL” paired to 6115441 BE 14 “Mother of Sagan”. BEST KITTEL was 1st National Ace Pigeon KBDB 2017 and 4th National Ace Pigeon KBDB 2016.—————-DAM: 8397697 NL 24 “VICTORY PORSCHE 697” A Jort Batenburg Afrika-Pro entry and granddaughter of BEST KITTEL, combining the Porsche, Double Kassboer and Victory BK lines.SEE PEDIGREE!!!!cypiro-lodgeR1,000Current bid: R1,000
18th October 2026 10:00LOT 39 SAIPR CAPETOWN-Fouche Kartel-ZA-2025-NRHU-4729 -9TH ACE BIRD , HOTSPOT 1 EQUAL WINNER————SIRE: 51175 ZA 22 Bred from two original Andre Carelsen pigeons, 17478 ZA 14 × 34502 ZA 14. His sire, 17478, is recorded as the No. 1 breeding cock for JJM Lofts. Both parents bred 2461/18, Best Bird NRHU 2019, and 2410/18, Best Long Distance Bird NRHU 2022, making 51175 a full brother to both these performers. Strong Andre Carelsen breeding with proven NRHU success.————-DAM: 1291 NRHU 21 A proven racing hen with results including 7th Union Kimberley, 31st Union Colesberg, and 16th Club, 23rd NRHU and 28th WCPTA against 4,179 pigeons from Leeu-Gamka. She is a daughter of 15243 ZA 13, an original Andre Carelsen pigeon and excellent breeder for JJM Lofts, paired to 10304 ZA 14, of Tom Lock/Sierens/Oscar breeding. Her sire’s parents are 24233 ZA 08, a direct son of Champion “50151”, and 20477 ZA 08, 1st Ace Pigeon Long Distance PRPC 2011..SEE PEDIGREE!!!!holidR1,500Current bid: R2,000
18th October 2026 10:00LOT 39 SAIPR CAPETOWN-Fouche Kartel-ZA-2025-NRHU-4729 -9TH ACE BIRD , HOTSPOT 1 EQUAL WINNER————SIRE: 51175 ZA 22 Bred from two original Andre Carelsen pigeons, 17478 ZA 14 × 34502 ZA 14. His sire, 17478, is recorded as the No. 1 breeding cock for JJM Lofts. Both parents bred 2461/18, Best Bird NRHU 2019, and 2410/18, Best Long Distance Bird NRHU 2022, making 51175 a full brother to both these performers. Strong Andre Carelsen breeding with proven NRHU success.————-DAM: 1291 NRHU 21 A proven racing hen with results including 7th Union Kimberley, 31st Union Colesberg, and 16th Club, 23rd NRHU and 28th WCPTA against 4,179 pigeons from Leeu-Gamka. She is a daughter of 15243 ZA 13, an original Andre Carelsen pigeon and excellent breeder for JJM Lofts, paired to 10304 ZA 14, of Tom Lock/Sierens/Oscar breeding. Her sire’s parents are 24233 ZA 08, a direct son of Champion “50151”, and 20477 ZA 08, 1st Ace Pigeon Long Distance PRPC 2011..SEE PEDIGREE!!!!toppigeonR2,000Current bid: R2,000
18th October 2026 10:00LOT 31 SAIPR CAPETOWN-Pat Manuel + Joe Gomes-ZA-2025-NRHU-4687 -Sire — 849 NRHU D 14 A proven racer and breeder. As a racer, he placed 4th Union Victoria-West, 3rd Union Hanover and 9th Union Leeu-Gamka. As a breeder, he produced a 1st WCPTA Hanover, a 2nd FB Leeu-Gamka and a 2nd WCPTA B-West. His sire, “Champ” 07063 NRHU 11, was 1st Ace Pigeon NRHU and bred 12/1354, 1st Ace Pigeon NRHU and WCPTA in 2013. His dam, KLUE 207 HPT NK 09, comes from a winning line that includes 1st Victoria-West, 1st Hanover and 1st WCPTA.—————-DAM: 03990 NRHU 15 Purchased from Ima Klue and bred by Martin van Staden, this proven breeding hen has already bred 3 winners for JJM Lofts. Her sire, 364 NRHU 14, carries the powerful Powel Putterie and Jack Pot Hen genetics. He is a full brother to Jackpot Hen 09-2439, a 3-time Union Winner and 2nd Best Bird WCPTA. His pedigree includes the renowned Jackpot Pair Cock and Jackpot Pair Hen, combining proven championship and Union-winning performances. Her dam, 0991 NRHU 13, represents the respected De Rauw Sablon bloodline. She recorded 1st Laingsburg 2015 and 1st Kimberley 2015, with brothers and sisters responsible for breeding numerous winners. Her pedigree features 11252 ZA 09 BIG BOY, a son of the famous Superbreeder 810, and 11191 ZA 09 GUSTAF 9T, from the distinguished De Rauw Sablon family.SEE PEDIGREE!!!!toppigeonR2,500Current bid: R2,500
18th October 2026 10:00LOT 31 SAIPR CAPETOWN-Pat Manuel + Joe Gomes-ZA-2025-NRHU-4687 -Sire — 849 NRHU D 14 A proven racer and breeder. As a racer, he placed 4th Union Victoria-West, 3rd Union Hanover and 9th Union Leeu-Gamka. As a breeder, he produced a 1st WCPTA Hanover, a 2nd FB Leeu-Gamka and a 2nd WCPTA B-West. His sire, “Champ” 07063 NRHU 11, was 1st Ace Pigeon NRHU and bred 12/1354, 1st Ace Pigeon NRHU and WCPTA in 2013. His dam, KLUE 207 HPT NK 09, comes from a winning line that includes 1st Victoria-West, 1st Hanover and 1st WCPTA.—————-DAM: 03990 NRHU 15 Purchased from Ima Klue and bred by Martin van Staden, this proven breeding hen has already bred 3 winners for JJM Lofts. Her sire, 364 NRHU 14, carries the powerful Powel Putterie and Jack Pot Hen genetics. He is a full brother to Jackpot Hen 09-2439, a 3-time Union Winner and 2nd Best Bird WCPTA. His pedigree includes the renowned Jackpot Pair Cock and Jackpot Pair Hen, combining proven championship and Union-winning performances. Her dam, 0991 NRHU 13, represents the respected De Rauw Sablon bloodline. She recorded 1st Laingsburg 2015 and 1st Kimberley 2015, with brothers and sisters responsible for breeding numerous winners. Her pedigree features 11252 ZA 09 BIG BOY, a son of the famous Superbreeder 810, and 11191 ZA 09 GUSTAF 9T, from the distinguished De Rauw Sablon family.SEE PEDIGREE!!!!holidR2,000Current bid: R2,500
18th October 2026 9:58ZZ..LOT 133 SAIPR CAPETOWN-Jagga Team2-ZA-2025-MOLO-355 –raydurbanR2,000Current bid: R2,000
18th October 2026 9:56LOT 30 SAIPR CAPETOWN-Lourens Jonker-ZA-2025-NRHU-4715 -4TH ACE PIGEON , 8TH HOTSPOT 1 EQUAL WINNER , 17TH FINAL EQUAL WINNER , 11TH CROSS KAROO BARCELONA———–SIRE: 760 NRHU 23 – BLUE Son of 1433285 NL 21, Peter Veenstra’s AfrikaPro entry and the best European bird in the loft for the 2022 series, paired to 3122747 BE 20, imported from Luc & Nadia Sioen, Belgium. This exceptional pair bred eight youngsters in their first year, of which seven won and two became Best Birds in their respective clubs. The pair was sold to Albert Lingenfelder for R150,000.—————DAM: 10304 ZA 14 – CHEQUER TOM LOCK / SIERENS / OSCAR Andre Carlsen hen and mother of NRHU 2021/1313, recorded as a 2022 SANPO Gold Medal Winner, Short, Middle and Overall Ace Pigeon, and twice NRHU Best Bird.SEE PEDIGREE!!!!holidR2,500Current bid: R3,000
18th October 2026 9:56LOT 30 SAIPR CAPETOWN-Lourens Jonker-ZA-2025-NRHU-4715 -4TH ACE PIGEON , 8TH HOTSPOT 1 EQUAL WINNER , 17TH FINAL EQUAL WINNER , 11TH CROSS KAROO BARCELONA———–SIRE: 760 NRHU 23 – BLUE Son of 1433285 NL 21, Peter Veenstra’s AfrikaPro entry and the best European bird in the loft for the 2022 series, paired to 3122747 BE 20, imported from Luc & Nadia Sioen, Belgium. This exceptional pair bred eight youngsters in their first year, of which seven won and two became Best Birds in their respective clubs. The pair was sold to Albert Lingenfelder for R150,000.—————DAM: 10304 ZA 14 – CHEQUER TOM LOCK / SIERENS / OSCAR Andre Carlsen hen and mother of NRHU 2021/1313, recorded as a 2022 SANPO Gold Medal Winner, Short, Middle and Overall Ace Pigeon, and twice NRHU Best Bird.SEE PEDIGREE!!!!toppigeonR3,000Current bid: R3,000
18th October 2026 9:56.LOT 5 SAIPR CAPETOWN-KDK Racing & Joe Gomes-ZA-2025-NRHU-4754 -HOTSPOT 3 WINNER , 8TH FINAL RACE EQUAL WINNER———-SIRE:4028 SO TVL 17 A quality Janssen cock bred by Robert Scott, originating from his proven Janssen breeding family. His pedigree combines the bloodlines of 5018 SO TVL 01, a foundation breeder of the Robert Scott Janssen family, and 8117 PSWU 12, a Witoger Janssen Chris Stoop hen regarded as one of Robert Scott’s best breeding hens. His ancestry includes 17833 SA 95, a four-time winner, and the renowned Janssen Hans Eijerkamp bloodline. The sire is a proven breeder of many winners and is also the father of the 1st Ace Pigeon at Dinokeng Lofts.—————DAM:1291 NRHU 21 A performance hen with proven racing results and an outstanding pedigree combining the renowned Andre Carelsen, Tom Lock, Sierens and Oscar bloodlines. Her racing achievements include: – 16th Club – Leeu-Gamka – 23rd NRHU – Leeu-Gamka – 28th WCPTA – Leeu-Gamka (479 pigeons) – 7th Union – Kimberley – 31st Union – Colesberg Her sire, 15243 ZA 13, is an original Andre Carelsen pigeon and an excellent breeder for JJM Lofts, descending from the Champion 50151 and Super Racer bloodlines.SEE PEDIGREE!!!toppigeonR2,500Current bid: R2,500
18th October 2026 9:56.LOT 5 SAIPR CAPETOWN-KDK Racing & Joe Gomes-ZA-2025-NRHU-4754 -HOTSPOT 3 WINNER , 8TH FINAL RACE EQUAL WINNER———-SIRE:4028 SO TVL 17 A quality Janssen cock bred by Robert Scott, originating from his proven Janssen breeding family. His pedigree combines the bloodlines of 5018 SO TVL 01, a foundation breeder of the Robert Scott Janssen family, and 8117 PSWU 12, a Witoger Janssen Chris Stoop hen regarded as one of Robert Scott’s best breeding hens. His ancestry includes 17833 SA 95, a four-time winner, and the renowned Janssen Hans Eijerkamp bloodline. The sire is a proven breeder of many winners and is also the father of the 1st Ace Pigeon at Dinokeng Lofts.—————DAM:1291 NRHU 21 A performance hen with proven racing results and an outstanding pedigree combining the renowned Andre Carelsen, Tom Lock, Sierens and Oscar bloodlines. Her racing achievements include: – 16th Club – Leeu-Gamka – 23rd NRHU – Leeu-Gamka – 28th WCPTA – Leeu-Gamka (479 pigeons) – 7th Union – Kimberley – 31st Union – Colesberg Her sire, 15243 ZA 13, is an original Andre Carelsen pigeon and an excellent breeder for JJM Lofts, descending from the Champion 50151 and Super Racer bloodlines.SEE PEDIGREE!!!holidR2,000Current bid: R2,500
18th October 2026 9:45LOT 20 SAIPR CAPETOWN-Wyngaardt Family Lofts-ZA-2025-NRHU-1705 -2ND ACE BIRD , 7TH HOTSPOT 4 EQUAL WINNER—–Nestmate sister 1706 NRHU 25 7th Hotspot 3 SAIPR CTORL winter series and winner of R4500, 8th place winner of R15000 in the SAIPR Cross Karoo Barcelona race. Direct sibling of; 0873/24 – Double Fed winner, Triple Club winner. 1st Club, 1st Fed, 1st Union, 2nd WCPTA Richmond (545km 1202 vel) 1st Club, 1st Fed, 9th Union, 10th WCPTA Hanover (630km, 2521 bds, 1557 vel); 1st Club, 3rd Fed, 23 Union Springfontein (800km, 1493 ve—–SIRE:2432 NRHU 20.Strain: Carelsen/Dicky39/QdeJager Color: Pencil Sire of 1705 NRHU 25 – 2nd Grand-Average Ace Bird SAIPR Cape Town Winter series. Winner of R24500. Sire of 1706/25 – 7th SAIPR Cape Town Hotspot 3 and winner of R4500. Sire of 0873 NRHU 24 (triple club winner, double Fed winner) – 1st Fed, 1st Union 2nd WCPTA Richmond 2024; Sire of 6061 NRHU 22 – 1st Fed 1st Union 3rd WCPTA and winner of Brackenfell sale race R15000 Richmond 2023.—————DAM:1914 NRHU 22.Strain: Clausing, De Rauw Sablon Color: Blue Bar ex Ruan Fouche. Inbred to the Pretoria Cock. Her Dam, 823/19 was 1st Ace club, 1st Ace Fed, 2nd Ace NRHU, 2nd Ace WCPTA, 2nd Ace WCPTA short. Her Sire is the best in Ruan’s loft. Dam of 0873 NRHU 24 (triple club winner, double Fed winner) – 1st Fed, 1st Union 2nd WCPTA Richmond 2024; Dam to 1705/25 – SAIPR Cape Town entry Dam to 1263/23 – 1st Club, 2nd Fed, 14th NRHU Gariep (750km, 1488 vel).SEE PEDIGREE!!!!fckR5,500Current bid: R5,500
18th October 2026 9:44ZZ..LOT 106 SAIPR CAPETOWN-Wyngaardt Family Lofts-ZA-2025-NRHU-1706 -7TH HOTSPOT 3 EQUAL WINNER , 8TH CROSS KAROO BARCELONA————-SIRE:2432 NRHU 20.Strain: Carelsen/Dicky39/QdeJager Color: Pencil Sire of 1705 NRHU 25 – 2nd Grand-Average Ace Bird SAIPR Cape Town Winter series. Winner of R24500. Sire of 1706/25 – 7th SAIPR Cape Town Hotspot 3 and winner of R4500. Sire of 0873 NRHU 24 (triple club winner, double Fed winner) – 1st Fed, 1st Union 2nd WCPTA Richmond 2024; Sire of 6061 NRHU 22 – 1st Fed 1st Union 3rd WCPTA and winner of Brackenfell sale race R15000 Richmond 2023.—————DAM:1914 NRHU 22.Strain: Clausing, De Rauw Sablon Color: Blue Bar ex Ruan Fouche. Inbred to the Pretoria Cock. Her Dam, 823/19 was 1st Ace club, 1st Ace Fed, 2nd Ace NRHU, 2nd Ace WCPTA, 2nd Ace WCPTA short. Her Sire is the best in Ruan’s loft. Dam of 0873 NRHU 24 (triple club winner, double Fed winner) – 1st Fed, 1st Union 2nd WCPTA Richmond 2024; Dam to 1705/25 – SAIPR Cape Town entry Dam to 1263/23 – 1st Club, 2nd Fed, 14th NRHU Gariep (750km, 1488 vel).SEE PEDIGREE!!!!fckR1,500Current bid: R1,500
18th October 2026 9:38ZZ..LOT 134 SAIPR CAPETOWN-Jelle Jellema Team2-NL-2025–1607964 -SIRE: ZA ABL 22-813 – “INBRED TURBO TOM” An Alwyn Bester blue cock, bred from a brother × sister pairing of the renowned Golden TT family. His sire, ZA 14-19620, and dam, ZA NWPKK 15-4790, are both bred from “Money Maker” ZA SA 05-2926 and ZA PWF 05-058, the inbred Turbo Tom / Twilight hen. Money Maker bred numerous winners, including two Union and Combine winners, while 058 was a Federation winner. 813 is a full brother to 22-862. His dam, 4790, also bred 18-90692, the father of Turbo Kittel 14-08702, concentrating the proven Turbo Tom, Twilight and Golden TT bloodlines.—————–DAM: ZA ABL 21-518 – “MRS RIGHT” A blue pied hen from Du Preez & Deetlefs, carrying prominent Dirk van den Bulck / Kittel genetics. She is recorded as the grandmother of the 1st Brown Jacket AfrikaPro 2026 pigeon for Deetlef/Botha, sold for R900,000, and is a sister to the famous 167 and 168. Her sire, GB 18-V63384, is bred from “Dynasty Kittel” NL 17-1848806 × “95 Hen” IRL 17-S003395, combining Supersprint Kittel, Unicum Kittel, Kittel Bolt and Di Caprio Jr. Her dam, NL 19-1418637, is bred from “Vince” × “Gitana” and is recorded as the grandmother of ZA PWDU 9849/2020, the 3rd World Allround Best Bird 2021 and six-time SANPO Gold pigeon.SEE PEDIGREE!!!!dmgR11,500Current bid: R11,500
18th October 2026 9:35LOT 23 SAIPR CAPETOWN-Tad Truszkowski-ZA-2025-MOUN-138 -SIRE: GB-23-A-28556 — Blue Cock Achieved 38th Final AfrikaPro 2024, over 601 km against 1,728 pigeons, and 60th Ace Blue Jacket. This was a very hard final with only 86 day birds. Sire of a pigeon recording 94th Race 7, 59th Race 8 and 6th Race 9 at AfrikaPro 2026. A direct son of “Valya Big Boss” BG-22-57515 and “Princess Tetske” BE-23-6100602. Valya Big Boss is a full brother to VALYA 1, winner of 5th Final, 2nd Ace Blue Jacket, 3rd Brown Jacket and 1st Black Jacket. Princess Tetske, from Tom Van Gaver/PEC, raced the full AfrikaPro 2023 programme and is bred from “Magic Prince” × “Just Like Tetske 422”, a full sister to Tetske. His pedigree combines the Super Hardy, Dark Horse, Prince Porsche and Tetske lines.—————-DAM: ZA-24-J&B-720 “K T 720” — Blue Hen A Du Preez & Deetlefs hen that raced the full AfrikaPro 2025 programme. Half-sister to “Turbo Kittel,” the 8 × SANPO Medal Winner, and dam of a pigeon achieving 94th Race 7, 59th Race 8 and 6th Race 9 at AfrikaPro 2026. Bred from ZA-18-90944, a winning racer sold for R32,000, and ZA-20-ABL-167, an Alwyn Bester hen sold for R338,000. Her sire produced daughter 21-1112, a double winner; daughter 21-1129, a winner; and son 20-9078, a winner. Her dam is the mother of Turbo Kittel and bred 13 winners, including 21-11072, a four-time winner, and 20-9059, a five-time winner. The pedigree combines Du Preez & Deetlefs, Hooymans and Vandenabeele with Alwyn Bester’s Van Den Bulck/Kittel genetics, including Dynasty Kittel and an inbred Kittel hen.SEE PEDIGREE!!!!splendidiorR2,000Current bid: R2,000
18th October 2026 9:35LOT 57 SAIPR CAPETOWN-Greg Anderson/Beneke Lofts & Top Pigeon-ZA-2026-TOP-157 -SIRE: 203022 FR 19 “GREG 22” Bloodlines from Kaasboer and P.Veenstra – SAMDPR 2019/2020 . Bred 3rd ACE Dinokeng 2022 . Bred 8th ACE CTIOL 2023. Bred 2nd Club Sale Bloemfontein. Bred 19th Final CTIOL 2023.——DAM:1541 ZA CRU 21. DU PREEZ AND DEETLEFS. SIRE IS HALF BROTHER TO DAM (SOLD FOR R338 000.00 ON TOPPIGEON) “TURBO KITTEL” 8 X SANPO MEDAL WINNER.SEE PEDIGREE!!!neoR1,500Current bid: R1,500
18th October 2026 9:33LOT 15 SAIPR CAPETOWN-3 R’s-ZA-2025-PROT-710 -HOTSPOT 1 WINNER———SIRE:3099886 BE 24.DIRK VD BULCK.Velghe Pigeons -Brother Blizzard -Sister green eye -Olympic Kittel -Sagan -Greipel———-DAM:1918 CRU 24 BB Alwyn Bester Full SISTER ALMIRA 643(SOLD FOR R252 000.00 ON TOPPIGEON), SANPO Gold Medal overall 2001 + pigeons 2024.SEE PEDIGREE!!!!lenna6804gmail-comR2,500Current bid: R2,500
18th October 2026 9:24LOT 19 SAIPR CAPETOWN-Danie Erasmus-ZA-2025-NRHU-4783 -SIRE: 4130242 be 19 “son bk 242″ .BRED 2ND HANOVER 620KM , 4TH HANOVER 620KM , 15TH LAINGSBURG 220KM , 5TH VICTORIA WEST 500KM , 5TH BEAUFORT WEST 400KM , 2ND BEAUFORT WEST 400KM, 8TH LAINGSBURG 220KM, 9TH LAINGSBURG 220KM , 4TH BEAUFORT WEST 400KM , 6TH VICTORIA WEST 500KM NRHU UNION——DIRECT SON TO LEGENDARY “BEST KITTEL”.Father of 8th Grand Average Afrika Pro 2022. Direct son of BEST KITTEL” ——— Dam: BE 6108971-19 “ Jonge Duif / Vaal” Bred for stock and bought from Pipa. Stefaan Lamprechts. SEE PEDIGREE!!!!technoliamR1,500Current bid: R1,500
18th October 2026 9:05ZZ..LOT 168 SAIPR CAPETOWN-Fouche Kartel-ZA-2025-NRHU-4719 -SIRE: 1420 NRHU 21 — Andre Carelsen Blue bar cock combining Andre Carelsen and Tom Lock/Sierens/Oscar bloodlines. His results include 33rd NRHU and 44th WCPTA from Laingsburg against 3,779 pigeons; 65th NRHU and 80th WCPTA from Britstown against 3,678 pigeons; and 22nd NRHU and 42nd WCPTA from Richmond against 2,962 pigeons.————DAM: 2410 NRHU 18 — Andre Carelsen Blue hen crowned Best Long Distance Bird NRHU 2022. Her performances include 1st Club, 1st NRHU and 6th WCPTA from Gariep Dam; 5th Club, 11th NRHU and 19th WCPTA from Warrenton; and 2nd Club, 3rd NRHU and 4th WCPTA from Trompsburg.SEE PEDIGREE!!!geelhondR1,000Current bid: R1,000

© 2026 Top Pigeon · Auction functionality by Full Stop Communications · Hosted by Rackzar